Lek­kerrr Ak­kom­mo­da­sie

Beeld - - Nuus -

Wil jy see toe gaan vir ’n lang­na­week, of roep die Bos­veld ná ’n veel­ei­sen­de maand by die werk?

Van 25 Ju­lie kan jy in ’n jap­trap ver­blyf be­spreek met be­hulp van ’n nu­we hulp­pro­gram (wid­get) op Net­werk24 se tuis­blad.

RSA Se­arch, die sa­ke­gids wat be­kend is vir die meer as 14 000 ver­blyfop­sies wat dit aan le­sers bied, stel op Dins­dag 25 Ju­lie die “Lek­kerrr Ak­kom­mo­da­sie”-hulp­pro­gram in sa­me­wer­king met Net­werk24 be­kend.

Die hulp­pro­gram be­staan uit ’n be­spre­kings­funk­si­o­na­li­teit wat le­sers di­rek met die ei­e­naars van ver­blyf in ver­bin­ding stel.

“Jy be­spreek di­rek by die ei­e­naars; daar is dus nie rond­slomp met mid­del­man-be­spre­kings­a­gen­te nie,” sê Ca­mil­la de Waal, op­lei­dings­hoof van RSA Se­arch.

“Dit stel jou dus in staat om ’n goeie af­slag te be­ding.”

’n Bo­nus is dat jy die be­spre­kings­funk­si­o­na­li­teit kan ge­bruik son­der dat jy die Net­werk24-web­blad hoef te ver­laat.

Vir mak­li­ke, vin­ni­ge en doel­tref­fen­de be­spre­kings van ver­blyf, kyk van 25 Ju­lie uit vir die “Lek­kerrr Ak­kom­mo­da­sie”-hulp­pro­gram op Net­werk24 en be­nut die spe­si­a­le aan­bie­din­ge, eks­klu­sief vir in­te­ke­na­re op Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.