‘Suid­oos­ter’ se Vashti, De­an koer oor me­kaar

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Hy is ’n A­fri­kaan­se plaas­seun van Mal­mes­bu­ry, sy ’n En­gels­spre­ken­de stads­mei­sie van die noor­de­li­ke voor­ste­de van Kaap­stad, maar toe De­an S­mith (24) en Vashti Prins (23) se paaie by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se dra­ma­de­par­te­ment kruis, het hul­le on­mid­del­lik ge­mak­lik met me­kaar ge­voel.

Die twee ak­teurs gaan dalk met an­der men­se uit in kykNET se Suid­oos­ter, maar in die reg­te le­we is hul­le bes­te vrien­de en ver­lief. S­mith se ka­rak­ter, Wa­de, is ver­lief op Zoë (Lau­ren Jo­sep­hs), ter­wyl Prins se ka­rak­ter, Da­niel­le, met Tim (Mar­co S­pau­mer) uit­gaan.

S­mith sê hul­le ge­niet dit om saam in Suid­oos­ter te speel, al is hul ka­rak­ters nie baie in die­self­de to­ne­le nie. Hul eer­ste to­neel saam was toe sy ka­rak­ter haar ka­rak­ter om raad ge­vra het oor hoe om Zoë te na­der.

Prins sê sy was aan­vank­lik be­kom­merd om haar kê­rel by die werk te sien om­dat Suid­oos­ter haar eer­ste werk was en sy nie ’n on­pro­fes­si­o­ne­le in­druk wou wek nie. “Ons wou nie hê men­se moet om ’n draai kom en ons saam sien nie,” sê S­mith.

Prins sê hul­le het re­ëls vas­ge­stel soos dat hul­le nie mag soen by die werk nie en geen per­soon­li­ke sa­ke daar mag be­spreek nie.

Hul­le help me­kaar om hul woor­de te leer, maar hul­le mag nooit met me­kaar re­gis­seur speel nie.

Hul­le gaan se­dert Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar amp­te­lik uit om­dat S­mith toe eers Prins se pa se toe­stem­ming ge­vra het.

“Toe sê die oom maar ons is mos al lank­al saam,” lag hy.

Die ak­tri­se van Kuils­ri­vier sê dit was vir haar aan­vank­lik moei­lik om haar aan­trek­li­ke kê­rel an­der vroue te sien soen in to­neel­stuk­ke. “Toe ek my­self in daar­die po­si­sie be­vind, het ek be­sef ’n mens voel niks nie, dis maar net jou werk.”

“Ek is wei­rd en sy is wei­rd, so ons al­bei kan saam wei­rd wees,” sê hy oor hul ver­hou­ding. “Sy maak my ge­mak­lik met wie ek is en dan is sy nog ’n kil­ler ba­be ook. Dis net ’n bo­nus.”

Suid­oos­ter word week­aan­de 18:00 op kykNET (DStv-ka­naal 144) uit­ge­saai.

Vashti Prins sê sy het aan­vank­lik ja­loers ge­word toe sy haar ak­teur­kê­rel an­der mei­sies sien soen in to­neel­stuk­ke, maar toe sy haar­self in die­self­de po­si­sie be­vind, het sy be­sef sy het niks om op ja­loers te wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.