By­na R1 m. vir plek­kie vir kar

A­gent sê daar is ho­pe be­lang­stel­ling

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Is jy be­reid om so­wat R100 000 per vier­kan­te me­ter te be­taal vir ’n plek­kie in C­lif­ton?

Dit klink na ’n wins­koop, maar die vang­plek is dat dit net ’n par­keer­plek is.

John M­cDer­mott, ei­en­doms­a­gent van Fi­ne & Coun­try in Kamps­baai, het op­drag ge­kry om die par­keer­plek teen R990 000 te be­mark.

Dit is bo-op die San Mi­che­le­kom­pleks en M­cDer­mott sê hy kan nie glo hoe­veel be­lang­stel­ling daar is nie.

Maar dan, ei­en­dom in dié om­ge­wing kos e­nig­iets van R15 mil­joen tot R75 mil­joen.

“Wan­neer ’n mens in dié om­ge­wing woon en nie ’n eks­klu­sie­we par­keer­plek het nie, moet jy in Vic­to­ri­a­weg par­keer en jou mo­tor kan ’n tei­ken vir van­da­le of die­we wees,” sê M­cDer­mott.

Daar is ook be­lang­stel­ling van men­se wat in an­der spog­buur­te, soos Con­stan­tia en Bis­hop­scourt, woon en ’n par­keer­plek wil hê wan­neer hul­le die ge­wil­de C­lif­ton-stran­de in die be­si­ge sei­soen wil be­soek.

Vol­gens M­cDer­mott is die par­keer­plek ’n goeie be­leg­ging.

“Dink net wat dit oor tien jaar werd kan wees, want daar is geen plek in die om­ge­wing vir nu­we par­keer­plek­ke nie.”

Die par­keer­plek be­hoort aan ie­mand wat na Lon­den ver­huis en haar woon­plek in C­lif­ton so­wat ’n jaar ge­le­de ver­koop het. Nou wil sy die par­keer­plek ook ver­koop.

M­cDer­mott sê Pam Gol­ding­ei­en­dom­me het in 2009 kel­der­par­keer­plek­ke van twee woon­een­he­de in C­lif­ton teen on­der­skei­de­lik R580 000 en R750 000 ver­koop.

In 2008 is ’n par­keer­plek van 18 m2 teen ’n on­ge­loof­li­ke R2 mil­joen ver­koop. Dit is so­wat R111 000/m2.

An­net­te Hep­burn, ’n a­gent van Pam Gol­ding-ei­en­dom­me in C­lif­ton, sê par­keer­plek­ke in dié spog­buurt kom nie mak­lik in die mark nie en daar is ’n groot vraag daar­na.

Hep­burn het on­langs ’n par­keer­plek in die W­hi­te C­liff-kom­pleks bo­kant C­lif­ton se T­wee­de Strand vir R1,65 mil­joen ver­koop.

Dié par­keer­plek, op die on­der­ste vlak van die kom­pleks, is bin­ne drie dae ver­koop.

Hep­burn sê baie ei­en­dom­me in C­lif­ton het geen voer­tuig­toe­gang nie en men­se moet trap­pe klim om by hul huis uit te kom. Par­keer­plek­ke is dus ge­sog en word in die al­ge­meen teen van R1,5 mil­joen tot R2 mil­joen ver­koop.

Soos hul­le sê, al­mal wil ’n plek­kie by die see hê, al is dit dan nou net vir jou mo­tor.

‘‘

Daar is geen plek in die om­ge­wing vir nu­we par­keer­plek­ke nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.