Laas­te kans om vir net R30 bo­nus­prys te wen

Beeld - - Nuus -

Van­dag is jou laas­te kans om van­dees­week se bo­nus­prys te wen in die RSG-Beeld-Kin­der­fond­s­pro­jek.

Met ’n sken­king van slegs R30 voor van­mid­dag 15:00 kan jy ver­blyf vir drie nag­te by ’n be­stem­ming van die Le­ri­ba-ho­tel­groep wen in die RSG-Beeld-Kin­der­fond­s­pro­jek.

Neem só deel:

SMS die woord PEUGEOT na 41511 (R30 per SMS) of be­taal jou sken­king by die Beel­dKin­der­fonds se bank­re­ke­ning in by Ab­sa, 4050654867, tak 632005. Ge­bruik jou naam, van en sel­nom­mer as ’n ver­wy­sing.

Die wen­ner kan kies tus­sen self­sorg­ver­blyf vir tien men­se by die Le­ri­ba Bush Lod­ge by P­ha­la­bor­wa, vir 12 men­se by die Le­ri­ba Co­as­tal Lod­ge aan die K­waZu­lu-Na­tal­se noord­kus en vir twee men­se by die Le­ri­ba-ho­tel in Cen­tu­ri­on. Die prys is meer as R12 000 werd.

As jy wen en die Le­ri­ba-ho­tel in Cen­tu­ri­on kies, kry jy ver­blyf vir drie nag­te vir twee men­se by dié be­kroon­de vyf­ster­ho­tel op die

13 ha in­heem­se bos op die oe­wer van die Hen­nops­ri­vier in Cen­tu­ri­on.

Die ho­tel is mak­lik be­reik­baar van­af P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg en is loop­af­stand van die Cen­tu­ri­on-win­kel­sen­trum en -Gautrein­sta­sie.

Die ge­wil­de ho­tel spog met 73 luuk­se en sui­te-ka­mers, in­ge­sluit 15 vyf­ster-sa­kes­ui­tes; 20 ten vol­le toe­ge­rus­te kon­fe­ren­sie­lo­ka­le wat tot 1 580 kon­fe­ren­sie­gan­gers kan huis­ves; ’n groot ver­skei­den­heid van span­bou­ak­ti­wi­tei­te; twee à la car­te-re­stau­ran­te met ’n in­loop­wyn­kel­der; ’n mo­der­ne gim­na­si­um; funk­sie­lo­ka­le, pri­va­te lo­ka­le en ’n hout­dek; twee swem­bad­dens, ’n per­go­la en tuin­a­re­as en ’n fi­si­o­te­ra­peut op die per­seel.

Be­soek le­ri­ba.co.za vir meer in­lig­ting.

Die bo­nus­prys geld net sken­kings wat nog van­dag ge­doen word. Die wen­ner word van­mid­dag deur A­mo­re Bek­ker op T­jai­la­tyd op RSG 100-104 fm aan­ge­kon­dig.

Jou deel­na­me bring jou ook in aan­mer­king om la­ter van­jaar ’n Peugeot 208 Acti­ve ry­ker te wees wan­neer die al­ge­he­le wen­ner ge­trek word. Rig na­vrae aan

011 976 2273, in­fo@beel­dkin­der­fonds.co.za of volg die Beeld-Kin­der­fonds op Fa­ce­book.

Die Le­ri­ba­ho­tel in Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.