Her­leef jou 1990’s­jeug wan­neer A­lient Ant Farm kom

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Geen tie­ner­par­ty­tjie, skool­sok­kie­jol of kam­pus­ra­di­o­sta­sie was in die vroeë 2000’s ’n suk­ses as A­lien Ant Farm se weer­ga­we van Mi­cha­el Jack­son se “S­mooth C­ri­mi­nal” nie ge­speel is nie.

Nos­tal­gie­se men­se van iets in die 30 kan hul jeug­ja­re her­leef wan­neer die groep Suid-A­fri­ka in Ok­to­ber be­soek. Hul mu­siek is ook op die klank­baan van A­me­ri­can Pie 2 en S­pi­der-Man.

A­lien Ant Farm sal op hul “Ja Well No Fi­ne”-toer by vier klein Suid-A­fri­kaan­se mu­siek­ve­nues op­tree, in Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria, Durban en Kaap­stad.

Dit is nie net hul mu­siek wat men­se aan die oor­gang van die mil­len­ni­um sal her­in­ner nie. Kaar­tjies vir die ver­to­nings sal ’n mens nie meer as R250 uit die sak jaag nie. Die goed­koop­ste kaar­tjies, van R100 elk, is­reeds uit­ver­koop.

“Ons dink nie in­ter­na­si­o­na­le kuns­te­naars moet duur wees nie, dus het ons be­sluit om iets daar­aan te doen,” sê Midd­le8, A­lient Ant Farm se Suid-A­fri­kaan­se gas­heer, op sy Fa­ce­book-blad.

Die toer is die eer­ste een wat Midd­le8 or­ga­ni­seer waar­deur hy sy doel­wit van “klei­ner, meer in­tie­me ver­to­nings, in ste­de wat al­tyd oor­ge­slaan word by plek­ke wat jy nie ge­weet het be­staan nie vir kuns­te­naars wat jy nooit an­der­sins sou sien nie”, laat re­a­li­seer.

Dry­den Mit­chell (san­ger en ki­taar), Ter­ry Cor­so (hoof­ki­taar), Tim Peugh (bas­ki­taar) en Mi­ke Cos­gro­ve se Ka­li­for­nie­se rock­groep het al meer as 5 mil­joen al­bu­meen­he­de ver­koop en hul mu­siek is ook ge­bruik in die re­ke­naar­spe­le­tjie The Pu­nis­her en die te­le­vi­sie­pro­gram WWE Tough E­nough.

Hul t­wee­de tref­fer, “Mo­vies’’, was ook ’n ge­wil­de klank­baan vir tie­ner­ro­man­se in 1999.

A­lien Ant Farm is ook al vir ’n Gram­my-eer­be­wys be­noem vir “bes­te har­de rock-op­tre­de”.

Kaar­tjies is aan­lyn op tic­kets.midd­le8.co.za te koop.

Aan­han­gers en men­se wat hul jeug wil her­ont­dek, sal hul­le by die vol­gen­de ver­to­nings kan sien op­tree:

27 Ok­to­ber – GoodLuck Bar, Jo­han­nes­burg;

28 Ok­to­ber – Ar­ca­de Em­pi­re Hal­lo­ween Par­ty, Voor­trek­ker­mo­nu­ment, P­re­to­ria;

31 Ok­to­ber – Vi­r­gi­nia-vlieg­veld, Durban; en

3 No­vem­ber – Mer­cu­ry Li­ve, Kaap­stad.

Die rock­groep A­lien Ant Farm wat Suid­A­fri­ka in Ok­to­ber van­jaar be­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.