Ar­gi­tek het wel in meer ver­drink

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Ed­ward Blon­ski (32), ’n ar­gi­tek van Park­wood, Jo­han­nes­burg wat twee we­ke ver­mis was, het wel in die Die­re­tuin­meer in die stad ver­drink, is in ’n t­wee­de lyk­skou­ing be­vind.

Blon­ski se erg ont­bin­de lyk is ver­le­de Woens­dag in die vlak kant van die Die­re­tuin­meer ge­vind.

Ja­c­que­li­ne Wi­j­ten­burg (42), ’n nig­gie van Blon­ski, het be­ves­tig dat die t­wee­de lyk­skou­ing af­ge­han­del is.

“Die on­der­soek dui aan dat hy ver­drink het. Daar was nie an­der be­se­rings nie,” sê Wi­j­ten­burg.

’n Ge­denk­diens vir Blon­ski is eer­gis­ter in die Ho­ly T­ri­ni­tyKa­to­lie­ke kerk in Braam­fon­tein, Jo­han­nes­burg, ge­hou.

Wi­j­ten­burg sê al was dit ’n baie e­mo­si­o­ne­le diens, was dit ’n baie mooi af­skeid vir Blon­ski.

“Ons is om­vou deur lief­de. ’n Mens kon sien baie men­se was baie na aan Ed­ward,” sê sy.

Wi­j­ten­burg sê dit was ver­al op­val­lend hoe eerw. Mat­thew C­har­les­worth sy by­drae tot die kerk be­stem­pel het.

“Va­der C­har­les­worth het ver­tel hoe be­trok­ke Ed­ward by die kerk se sop­kom­buis was.

“Blyk­baar het van die ha­we­lo­se men­se wat Ed­ward help voed het ook help soek toe hy ver­mis was. Dit het ons baie ge­roer,” sê sy.

C­har­les­worth het eer­gis­ter ook op die kerk se web­werf oor Blon­ski ge­skryf.

“Ons sal al­tyd ver­skeie kan­te van Ed­ward ont­hou. Ek kan net sê dat die kant waar­na ek sal ver­lang en wat ek sal vier, is hoe vry­ge­wig en vol lief­de Ed was.

“Ek dink hy sou dit ge­niet het om die psalm wat ons ge­sing het, ‘Hal­le­lu­ja’, uit vol­le bors saam te sing. ‘Hal­le­lu­ja’ be­te­ken loof die He­re in He­breeus. Ed­ward het die He­re ge­loof, selfs al het dit sleg ge­gaan. Sy ge­loof is ons al­mal,” lui C­har­les­worth se in­skry­wing.

Blon­ski se sus­ter, Kry­s­tyna, het al­mal wat hul­le in die soek­tog by­ge­staan het ver­le­de week op Fa­ce­book na­mens die fa­mi­lie be­dank.

“Die on­der­steu­ning van die aard­se en­ge­le wat aan ons sy ge­staan het, die­ge­ne wat el­ke stap van die pro­ses met ons was, die men­se wat die ge­bro­ke stuk­kies help op­tel het en al die bood­skap­pe van lief­de en on­der­steu­ning wat ons er­vaar het, was ab­so­luut oor­wel­di­gend,” het Kry­s­tyna ge­skryf.

Ed­ward Blon­ski

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.