‘Ek’s moeg vir die­we’

Wind­buks, fluit­jie en hon­de haar ‘wa­pens’

Beeld - - Nuus - – Groun­dUp

Krag­die­we moet dit lie­wer nie na­by dié tan­nie van Brak­pan se huis waag nie.

Sy slaap met een oog oop met ’n vuur­wa­pen langs haar bed. Sy’t al­tyd ’n re­wol­wer ge­had, maar ge­bruik dees­dae ’n wind­buks.

En om­dat die vuur­wa­pen nie ’n har­de ge­luid maak nie, blaas sy boon­op op ’n fluit­jie om die die­we te verjaag.

S­ha­ron Gon­scher­ow­ski (66) se bu­re noem haar Magogo. Sy woon se­dert 2003 al­leen op ’n af­ge­leë hoe­we in Wit­poort E­sta­tes na­by Brak­pan.

Die hoe­we is nie om­hein nie. Sy skiet ge­reeld waar­sku­wing­sko­te in die lug en blaas haar fluit­jie om skelms te verjaag. Hul­le kom in die nag om haar e­lek­tri­si­teit te steel.

Sy slaap nie veel nie en loer ge­du­rig by haar ven­ster uit om te kyk wat bui­te aan­gaan. Soms gaan sy bui­ten­toe. Haar hon­de se ge­blaf waar­sku haar oor e­ni­ge ge­vaar.

So ’n jaar ge­le­de het een van haar hon­de, Du­ke, ver­dwyn. Hy is ’n week la­ter dood in ’n stuk na­by­ge­leë veld ge­kry.

Gon­scher­ow­ski sê sy sien die die­we met hul flit­se en hoor hoe hul­le fluis­ter. Sy skree dan op hul­le en blaas haar fluit­jie.

“Ek is moeg daar­voor om groot be­drae geld vir e­lek­tri­si­teit te be­taal,” sê sy.

Daar is ’n krag­kas op haar erf waar men­se ka­bels on­wet­tig kop­pel. Daar is ook ’n lamp­paal oor­kant haar hek waar on­wet­ti­ge aan­slui­tings al­tyd ge­doen is, maar ’n tyd­jie ge­le­de het die lamp uit­ge­brand en nou werk geen straat­lig meer nie.

Gon­scher­ow­ski wys ’n gat in haar erf waar haar hoof­krag­ka­bel on­der­gronds loop. Ook hier word on­wet­ti­ge aan­slui­tings ge­doen.

’n Maand ge­le­de is sy na­by haar huis be­roof na­dat sy haar pen­si­oen gaan haal het.

Sy sê baie van haar bu­re het ver­huis weens die hoë mis­daad­sy­fer in die ge­bied. Die hui­se om haar staan leeg en die e­lek­tri­si­teit is af­ge­sny. Van die hui­se word nou on­wet­tig be­set.

Wan­neer die men­se snags by haar erf in­sluip om krag by haar te steel, ver­oor­saak dit dat die stel­sel oor­laai word en dan sit sy son­der e­lek­tri­si­teit.

Gon­scher­ow­ski sê haar klein­seun help al­tyd om die on­wet­ti­ge aan­slui­tings te ver­wy­der, want sy het ja­re laas ’n amp­te­naar van die E­kur­hu­le­ni­me­tro of Kemp­ton Park se E­s­kom-men­se hier ge­sien.

“In 2014 was my e­lek­tri­si­teits­re­ke­ning R20 000. Ek het nou eers die laas­te daar­van be­taal,” sê sy.

T­hem­ba Ra­de­be, woord­voer­der van die E­kur­hu­le­ni-mu­ni­si­pa­li­teit, sê hul­le on­der­soek die saak. Hy sê E­s­kom kan nie ’n re­de gee waar­om Gon­scher­ow­ski se saak glo al ja­re lank ge­ïg­no­reer word nie.

Hy sê weens die groot werk­la­ding dit kan nog ’n tyd­jie duur voor­dat die mu­ni­si­pa­li­teit die pro­bleem op­los.

E­s­kom het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Fo­to: GROUN­DUP

S­ha­ron Gon­scher­ow­ski is moeg vir krag­die­we en staan nie meer een tree vir hul­le te­rug nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.