Man ont­hoof sy vrou in ru­sie

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Man van Lim­po­po het sy vrou se kop glo in ’n he­wi­ge stry­e­ry af­ge­kap.

Die po­li­sie het Ts­hi­fi­wa Muny­ai (43) kort ná die voor­val aan­ge­keer in die huis in die Mu­le­d­z­hi-ne­der­set­ting in die Mu­ta­le-ge­bied bui­te T­ho­hoy­an­dou waar hy en sy vrou ge­woon het.

Muny­ai het eer­gis­ter vlug­tig in die land­dros­hof in Mu­ta­le op aan­klag van moord ver­skyn.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê hy is vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming ge­stuur.

Muny­ai het sy vrou, Ta­ka­la­ni Si­a­la (37), glo eers ver­skeie ke­re met ’n skerp voor­werp oor haar he­le lyf ge­steek voor­dat hy haar kop af­ge­kap het.

N­goe­pe in Lim­po­po, kon nie sê waar­mee Si­a­la ont­hoof is nie.

Haar kop is in die bloed­be­smeer­de huis, ’n ent­jie van haar lig­gaam af, ge­kry.

Dit is nie be­kend waar­oor hul­le ba­klei het nie.

Muny­ai moet op 29 Au­gus­tus weer in die hof ver­skyn.

N­goe­pe het die pu­bliek ge­vra om voor­val­le van huis­hou­de­li­ke ge­weld on­mid­del­lik by die po­li­sie aan te meld.

Lt.genl. N­ne­ke Ledwa­ba, po­li­sie­hoof in Lim­po­po, sê hy is ge­skok oor dié ui­ters ge­weld­da­di­ge voor­val.

Ledwa­ba het ge­weld teen vroue en kin­ders skerp ver­oor­deel.

In nóg ’n skok­ken­de moord in Lim­po­po is ’n swan­ger 19ja­ri­ge mei­sie eer­gis­ter­aand bui­te Giy­a­ni ge­skiet.

N­goe­pe sê die po­li­sie soek na ’n ben­de mans wat Na­re Be­a­ni­ce Ma­le­ba­ne, wat ’n gr. 12-leer­ling aan die Jim C­ha­va­ni High S­chool in die Xi­kun­du-ne­der­set­ting was, ver­moor het.

Hul­le het by die huis waar sy ge­woon het in­ge­breek en haar et­li­ke ke­re ge­skiet. Sy en haar on­ge­bo­re kind is op die to­neel dood.

“Haar ma, wat ook in die huis was, het ge­vlug en is on­ge­deerd,” sê N­goe­pe.

Dit is on­be­kend of e­nig­iets uit die huis ge­steel is.

Men­se met in­lig­ting kan kapt. Ri­chard Bos­ho­ma­ne by 084 322 1341 bel of die po­li­sie se nood­nom­mer, 10111, ska­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.