Man ge­straf ná hy fiet­ser dood­ry

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

Die man wat die berg­fiets­ry­er G­reg An­der­son dood­ge­ry het, kan dalk bin­ne drie maan­de uit die tronk stap.

Ts­he­po Mas­he­go (28) is gis­ter in die land­dros­hof in Ha­zy­view ge­von­nis tot 36 maan­de ge­von­nis, waar­van die helf­te vir vyf jaar op­ge­skort is. Hy het skuld be­ken op aan­klag­te van straf­ba­re man­slag en die be­stuur van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de voer­tuig.

Hy is Son­dag in heg­te­nis ge­neem na­dat hy An­der­son op die pad tus­sen Ha­zy­view en Gras­kop om­ge­ry het.

“My kli­ënt het be­rou oor die on­ge­luk en het daar­om skuld be­ken,” sê sy pro­ku­reur, K.M. No­ny­a­ne. Mas­he­go het in sy pleit­ver­dui­de­li­king toe­ge­gee dat hy te vin­nig ge­ry en An­der­son daar­om te laat ge­sien het.

Op die aan­klag van straf­ba­re man­slag is hy ge­von­nis tot 36 maan­de tronk­straf waar­van die helf­te vir vyf jaar op­ge­skort is.

Sy ry­be­wys is ook vir ses maan­de op­ge­skort.

“Sy tronk­straf is dus vir 18 maan­de. Hy sal tus­sen drie en ses maan­de sit voor­dat hy vir pa­rool in aan­mer­king kan kom,” sê No­ny­a­ne.

Op die aan­klag van die be­stuur van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de voer­tuig is hy ge­waar­sku.

Die po­li­sie het Mas­he­go ook op aan­klag van dronk­be­stuur in heg­te­nis ge­neem, maar dié aan­klag is laat vaar om­dat daar nie be­wys kan word dat sy bloed bin­ne die voor­ge­skre­we tyd vir al­ko­hol ge­toets is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.