Vis­ser se lyk ge­vind ná boot om­slaan

Beeld - - Nuus - – Can­di­ce Be­zui­den­hout

Die lyk van een van die vis­sers wat se­dert Son­dag­og­gend ver­mis is na­dat hul tjok­ka­boot by St. Fran­cis­baai om­ge­slaan het, is gis­ter­og­gend ge­vind.

Die lyk het op die Se­a­viewstrand uit­ge­spoel, sê sers. Ma­jo­la N­koh­li, po­li­sie­woord­voer­der.

Hy moet eers amp­te­lik uit­ge­ken word voor­dat sy naam be­kend ge­maak word.

N­koh­li sê die soek­tog is af­ge­las tot­dat die weers­toe­stan­de ver­be­ter. “Dit re­ën en is win­de­rig en daar­om kon ons nie met die soek­tog voort­gaan nie.”

Agt vis­sers het Son­dag­og­gend ver­mis ge­raak toe hul tjok­ka­boot, Ma­re­don, in die mid­der­nag­te­li­ke ure in die moei­lik­heid be­land het. Die boot het om­ge­slaan en by Sunset Rock, St. Fran­cis­baai, ge­strand.

Eu­an K­riel (31) se lyk is die­self­de og­gend tus­sen rot­se ge­vind.

Vyf oor­le­wen­des is op die strand ge­kry. ’n Red­dings­boot het nog ’n oor­le­wen­de uit die wa­ter op­ge­pik.

Wel­co­me Gu­me­de, ’n oor­le­wen­de wat ure lank in die boot vas­ge­keer was, het self uit­ge­klou­ter toe die boot in die ge­ty rond­ge­skom­mel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.