3 vroue ná 6 maan­de uit woon­stel ge­red

Beeld - - Nuus - – Al­za­ne Nar­rain

Drie jong vroue van 16 tot 21 jaar oud is gis­ter­og­gend ge­red uit ’n ge­bou in Bloem­fon­tein wat ver­moe­de­lik as bor­deel ge­bruik word.

Hul­le was in een van die slaap­ka­mers toe­ge­sluit en het aan die po­li­sie ge­sê hul­le is die af­ge­lo­pe ses maan­de teen hul sin in die ka­mer ge­hou. Die ei­e­naar van die woon­stel het hul­le as pros­ti­tu­te laat werk.

Die vroue is uit die woon­stel ver­wy­der en met hul fa­mi­lies her­e­nig.

’n 36-ja­ri­ge bur­ger van Ni­ge­rië is aan­ge­keer toe die po­li­sie in die vroeë og­gend­u­re op die woon­stel­ge­bou in Zas­tron­straat toe­ge­slaan het.

Hy ver­skyn bin­ne­kort in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein op aan­klag­te van men­se­han­del en die be­dryf van ’n bor­deel, sê kapt. C­ha­ka Ma­r­o­pe, po­li­sie­woord­voer­der.

Die po­li­sie ver­moed die woon­stel­blok word as bor­deel be­dryf en as skuil­plek vir mis­da­di­gers en as pak­plek vir dwelms en ge­steel­de ei­en­dom ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.