Ma ver­moor ná ‘bo­se gees op­drag gee’

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

’n Man (31) is aan­ge­keer na­dat ’n be­weer­de “bo­se gees” hom glo op­drag ge­gee het om sy ma (57) te ver­moor.

Vol­gens kapt. Da­niel Ma­vim­be­la, po­li­sie­woord­voer­der, het die man hom­self eer­gis­ter kort voor mid­der­nag aan die po­li­sie in P­re­to­ria oor­ge­gee.

Die po­li­sie het sy ma se lyk in ’n plas bloed ge­kry toe hul­le sy woon­stel in Sun­ny­si­de deur­ge­soek het. Sy is ver­skeie ke­re ge­steek, ver­moe­de­lik met ’n mes wat op die to­neel ge­kry is.

Ma­vim­be­la sê die man het nie ge­sê waar­om die “bo­se gees” hom dit laat doen het nie.

“Ek meen nog in­lig­ting sal aan die lig kom wan­neer hy in die hof ver­skyn.”

Die man sal na ver­wag­ting bin­ne­kort in die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.