Potch­baas wil bly, al mag sy nie

LUR maan al in brief dat dit on­wet­tig is

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom en Ven­ters­dorp se munisipale be­stuur­der veg nou in die hof om tot Ju­nie 2018 in haar pos te dien, al het die Noord­wes­re­ge­ring reeds ge­sê dit sal on­wet­tig wees.

Dr. No­mat­hem­ba Blaai-Mok­ge­thi se aan­soek Dins­dag in die hoog­ge­regs­hof in M­ma­batho – om ’n hofbevel wat die Tlok­we-Ven­ters­dorp-raad ver­bied om die be­ëin­di­ging van haar kon­trak te be­spreek of daar­oor te be­sluit – is met kos­te van die hand ge­wys.

Dit was weens ’n teg­nie­se punt om­dat dié hof nie ju­ris­dik­sie oor plaas­li­ke re­ge­ring­sa­ke het nie, het Neels Coet­zer, DA-kou­kus­lei­er in die Tlok­we-Ven­ters­dor­praad, gis­ter­mid­dag ge­sê.

Vol­gens Victor Boqo, munisipale woord­voer­der, sal Blaai-Mok­ge­thi se aan­soek nou voor die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria dien, maar ’n da­tum daar­voor is nog nie be­paal nie.

“Die munisipale be­stuur­der se pos kan eers ge­ad­ver­teer word wan­neer dit va­kant word en dit is nie nou die ge­val nie. Die raad kan die saak ook nie be­spreek voor­dat die hof daar­oor be­sluit het nie.”

Fen­ny Ga­o­la­ol­we, LUR vir plaas­li­ke re­ge­ring in Noord­wes, het K­got­so K­hu­ma­lo, Tlok­we en Ven­ters­dorp se bur­ge­mees­ter, in ’n on­lang­se brief ge­maan die mu­ni­si­pa­li­teit se be­sluit dat Blaai­Mok­ge­thi se ter­myn tot Ju­nie 2019 strek, is on­wet­tig.

Lui­dens die brief mag ’n munisipale be­stuur­der se ter­myn nie lan­ger as ’n jaar ná die vo­ri­ge munisipale ver­kie­sing strek nie. Blaai-Mok­ge­thi se ter­myn moet in­ge­vol­ge die wet dus op 9 Au­gus­tus 2017 ver­stryk, sê die LUR in haar brief aan K­hu­ma­lo.

Vol­gens Boqo strek Blaai­Mok­ge­thi

‘‘

Die munisipale be­stuur­der se pos kan eers ge­ad­ver­teer word wan­neer dit va­kant word en dit is nie nou die ge­val nie.

— VICTOR BOQO

se ter­myn net tot Ju­nie 2018, nie tot 2019 soos die LUR aan­dui nie. Dis wel steeds lan­ger as die wets­voor­skrif.

Coet­zer het gis­ter ge­sê die par­ty het Blaai-Mok­ge­thi se aan­stel­ling in Fe­bru­a­rie 2014 nie goed­ge­keur nie juis om­dat dit nie aan die wets­be­pa­ling vol­doen nie, soos die LUR nou be­ves­tig het. “Ons het dit ook laat aan­te­ken dat sy nie toe­pas­lik ge­kwa­li­fi­seer is vir die pos nie.”

Op­po­si­sie­par­tye en die ANC­jeug­li­ga eis Blaai-Mok­ge­thi se kop al lank om­dat hul­le meen sy be­stuur die mu­ni­si­pa­li­teit “in die grond in”.

Sy word ook van on­re­ël­ma­ti­ge op­tre­de be­skul­dig en ver­ant­woor­de­lik ge­hou vir die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) se ver­doe­men­de be­vin­dings oor hoe die stad se geld­sa­ke be­stuur word.

Blaai-Mok­ge­thi ont­ken on­be­kwaam­heid of on­re­ël­ma­tig­he­de en sê die ver­val en diens­le­we­rings­pro­ble­me in Pot­chef­stroom en Ven­ters­dorp is deels te wy­te aan ’n te­kort aan hulp­bron­ne en geld weens die sa­me­smel­ting van die mu­ni­si­pa­li­tei­te van Pot­chef­stroom en Ven­ters­dorp.

Dr. No­mat­hem­ba Blaai­Mok­ge­thi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.