‘Ons soek net dak oor ons kop’

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

On­wet­ti­ge plak­kers wat eer­gis­ter uit die Fat­ti’s Man­si­ons­ge­bou in die Jo­han­nes­burg­se mid­de­stad ge­sit is, is nog ha­we­loos en sit met al hul be­sit­tings in Har­ri­son­straat, on­danks ’n be­vel van die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg dat die stad al­ter­na­tie­we ver­blyf aan hul­le moet ver­skaf.

Tal­le ge­sin­ne het gis­ter ge­sê hul­le het nie ’n heen­ko­me nie en dat hul­le op die me­tro­raad wag om hul­le ver­blyf en kom­ber­se te gee.

Po­gings om die hof se uit­set­tings­be­vel om te keer, was on­suk­ses­vol, sê Lin­do­kuhle M­da­be, ’n pro­ku­reur van die So­cio-E­co­no­mic Rig­hts In­s­ti­tu­te of South A­fri­ca (Se­ri-SA) wat na­mens die in­wo­ners op­tree.

Reg­ter Ca­ro­li­ne He­a­ton-Ni­cholls wou nie die uit­set­ting om­keer nie weens die ver­val­le toe­stand van die ge­bou, sê M­da­be. “He­a­ton-Ni­cholls het ge­sê die ei­en­dom is on­be­woon­baar.”

Die eens sta­ti­ge woon­stel­ge­bou mag af­ge­leef wees son­der wa­ter, e­lek­tri­si­teit en a­blu­sie­ge­rie­we, maar dit was vir die werk­lo­se Ali Abdul (55) en sy kin­ders, En­less (15) en Ro­se (7), die af­ge­lo­pe vyf jaar ’n tuis­te. Hy is ver­lam aan die reg­ter­kant ná ’n lig­te be­roer­te drie jaar ge­le­de en dis vir hom by­na on­moont­lik om han­de­ar­beid te be­kom.

“Ons soek net ’n dak oor ons kop. Dit is bit­ter koud op straat.”

Er­nest Nd­lo­vu, ’n kroeg­man in Braam­fon­tein en Abdul se buur­man, sê hy het nie gis­ter gaan werk nie.

“Ek moet my be­sit­tings op­pas.”

Soos Abdul soek hy ook des­pe­raat an­der ver­blyf.

Luy­an­da M­fe­ka, woord­voer­der van Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter, se kan­toor, sê die uit­ge­set­te in­wo­ners mag op ’n stuk grond by die Wem­b­ley-sta­di­on gaan bly.

“Die stad soek tans vir hul­le al­ter­na­tie­we ver­blyf,” sê M­fe­ka.

M­fe­ka sê amp­te­na­re van die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling praat met die uit­ge­set­te men­se om vas te stel wat hul be­hoef­tes is.

Fo­to: WIKUS DE WET

Die Rooi­mie­re het eer­gis­ter plak­kers uit die Fat­ti’s Man­si­ons­ge­bou in die mid­de­stad van Jo­han­nes­burg ge­sit. Hier sit Ali (55), En­less (15) en Ro­se (7) Abdul by hul be­sit­tings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.