Seun­tjie ont­steld oor boe­tie wat in koue af­ge­spuit is

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die ou­ers van die drie­ja­ri­ge seun­tjie wat glo Maan­dag in bib­ber­weer met wa­ter uit ’n tuin­slang skoon­ge­spuit is, het gis­ter­mid­dag ver­ga­der met die be­stuur van die kleu­ter­skool waar dit ge­beur het.

’n Fo­to op Fa­ce­book van die kaal seun­tjie pas na­dat hy glo skoon­ge­spuit is om­dat hy hom be­vuil het by die kleu­ter­skool in Rus­ten­burg, het woe­de ont­lok.

Die be­stuur­der van die kleu­ter­skool het gis­ter ge­sê sy sal kom­men­taar oor die voor­val le­wer na­dat sy gis­ter met die ou­ers en van­dag met die kleu­ter­skool­per­so­neel ver­ga­der het.

Die seun­tjie se ou­ers het hom en sy twee­ling­boe­tie in­tus­sen uit die kleu­ter­skool ver­wy­der en oor­weeg s­tap­pe. Vol­gens die seun­tjie se ma lyk dit nie of hy erg ge­trau­ma­ti­seerd is nie, maar hy was wel die dag van die voor­val “bleek, nie hom­self nie en koor­sig”.

Sy twee­ling­boe­tie, wat ge­hoor het hoe hy bui­te skreeu ter­wyl hy af­ge­spuit word, is baie ont­steld en hou aan praat oor die voor­val, sê die ma. Hul i­den­ti­teit word weer­hou om­dat die seun­tjie moont­lik ’n slag­of­fer van mis­han­de­ling was.

A­li­ce Car­nell, di­rek­teur van C­hild­li­ne in Noord­wes, het ge­sê hul­le gaan die kleu­ter­skool vol­gen­de week be­soek om die voor­val en al­ge­me­ne prak­ty­ke te on­der­soek.–

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.