Skool het nie geld vir hoof se ver­lof

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee Net­werk24

Die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um het nie die be­gro­ting om sy hoof, Da­nie le Roux (45), op on­be­taal­de ver­lof te laat gaan nie, sê ’n bron met ken­nis van die skool.

Die bron, wat ge­vra het om a­no­niem te bly, het Woens­dag ge­sê die skool is tans be­sig met ’n groot bou­pro­jek en daar is nie ad­di­si­o­ne­le geld be­skik­baar nie.

Al­le geld wat die skool nou het of in­sa­mel, word vir die bou­pro­jek ge­bruik, sê die bron.

Se­dert die ge­rug­te die ron­de be­gin doen het dat die skool­hoof glo ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding ge­had het met Su­ni­ta van Dyk (32), een van hul on­der­wy­se­res­se, is die skool se be­heer­lig­gaam in ge­sprek met die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment, die skool­hoof en ou­ers van leer­lin­ge aan die skool, sê die bron.

Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques van Dyk (30), het op 10 Mei in ’n huis­brand op die plaas Jak­hals­vlei, Wel­ling­ton, om­ge­kom.

Ge­rug­te het kort daar­na die ron­de ge­doen dat Le Roux en Su­ni­ta ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding ge­had het.

het vroe­ër be­rig dat Le Roux moont­lik nie Maan­dag op sy pos by die skool gaan wees nie.

B­ri­an S­chreu­der, hoof van on­der­wys by die on­der­wys­de­par­te­ment, het Dins­dag ge­sê Le Roux het hom ge­kon­tak oor die moont­lik­heid van on­be­taal­de ver­lof.

“Ek het aan­ge­dui dat die de­par­te­ment dit in al­mal se be­lang guns­tig sal oor­weeg.”

S­chreu­der sê dit is nog nie amp­te­lik goed­ge­keur nie.

Die bron sê be­ne­wens die op­sie van on­be­taal­de ver­lof, het Le Roux glo ook an­der op­sies met die de­par­te­ment be­spreek.

Wat die op­sies is, kan die bron nie sê nie.

Le Roux het nie vrae oor die aan­ge­leent­heid be­ant­woord nie.

Ca­rien van Dy­ke, voor­sit­ter van die skool se be­heer­lig­gaam, het Woens­dag ge­sê hul­le dra nog geen ken­nis daar­van dat Le Roux on­be­taal­de ver­lof ge­vra het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.