1ste men­se al 65 000 j. ge­le­de na Aus­tra­lië

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Een van die in­heem­se Aus­tra­li­ërs se ryk­ste ar­ge­o­lo­gie­se ter­rei­ne wys nou die eer­ste men­se het 65 000 jaar ge­le­de al op dié vas­te­land aan­ge­kom.

Dit is veel lan­ger ge­le­de as die 47 000 jaar wat som­mi­ge ar­ge­o­loë aan­voer.

Dié op­gra­wings on­der lei­ding van dr. Chris Clark­son aan die U­ni­ver­si­teit van Qu­eens­land is pas in die vak­joer­naal Na­tu­re ge­pu­bli­seer.

Die ter­rein, wat be­kend staan as Mad­jed­be­be, is ge­leë op tra­di­si­o­ne­le grond van die in­heem­se Mirarr-men­se en is om­ring deur ’n wê­reld­er­fe­nis­ge­bied.

Dit is in die noor­de van die land en be­staan uit ’n rots­skui­ling waar 10 000 ar­te­fak­te in die laag­ste se­di­men­te, dus die oud­ste neer­slag, al ge­vind is.

Prof. Ze­no­bia Ja­cobs van

die U­ni­ver­si­teit van Wol­long wat die da­te­ring ge­lei het, ver­wys in die na­vor­sing na die ka­ke­been van ’n Tas­maan­se tier wat ge­vind is. Dit is met rooi

o­ker ge­kleur.

Die na­vor­sers het ook “o­kerkry­te” ge­kry wat die men­se vir sim­bo­lie­se ge­bruik ge­maak het.

In die lae is plat klip­pe ge­vind waar­op die o­ker ge­maal is. Daar word ver­moed dit is ge­bruik in die skep van rots­kuns.

Klein klip­ge­reed­skap is ge­vind wat men­se ge­bruik het om sa­de mee te maal, lui ’n ver­kla­ring.

’n Ver­skei­den­heid van an­der ge­reed­skap en byl- en pyl­pun­te is ook ge­vind.

Die teg­niek wat ge­bruik is vir die da­te­ring staan be­kend as op­ties ge­sti­mu­leer­de lu­mi­nes­sen­sie (OSL) en toets klein kwartskor­rels wat diep in die neer­slae by die ar­te­fak­te lê om so­doen­de te be­paal hoe lank hul­le in al­ge­he­le don­ker was. Dit be­paal pre­sies wan­neer die kor­rels laas aan son­lig bloot­ge­stel is – dus wan­ner die ar­te­fak be­gra­we is. El­ke sand­kor­rel se da­tum kan be­paal word.

Toe men­se vir die eer­ste keer na Aus­tra­lië ge­gaan het, was die see­vlak baie la­er as nou en was dit baie mak­li­ker om van die ei­lan­de van Suid­oos-A­sië na Aus­tra­lië te gaan, lui die na­vor­sing.

Dr. Elspeth Hay­es en Mark D­jand­jo­merr en May Nan­go van die Mirarrmen­se, wat om die Ka­ka­du Na­si­o­na­le Park in Aus­tra­lië woon. Fo­to’s: GUNDJEIHMI ABORIGINAL CORPORATION

Dr. Chris Clark­son, wat die op­gra­wings by Mad­jed­be­be in Aus­tra­lië ge­lei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.