Bo(om)ge­mid­deld: Die groen­ste ste­de ter wê­reld

Beeld - - Nuus - – sen­se­a­ble.mit.edu/tree­pe­dia; www.we­fo­rum.org

As jy ge­dink het Suid-A­fri­ka met sy na­tuur­skoon het ook die groen­ste ste­de, was jy ver­keerd.

Moet ook nie die he­den­daag­se mi­te glo dat Jo­han­nes­burg die groot­ste aan­ge­plan­te woud ter wê­reld het nie.

Die Mas­sa­chu­setts In­s­ti­tu­te of Techno­lo­gy (MIT) het die fei­te gaan soek en saam met die Wê­reld- E­ko­no­mie­se Forum (WEF) pro­beer be­paal wat­ter ste­de die mees­te lo­wer­groen het.

Hul­le het ’n pro­jek met sy eie web­werf, Tree­pe­dia, ge­ves­tig waar­op die be­vin­dings ge­gee word.

Van die 23 ste­de wat Tree­pe­dia reeds on­der die ver­groot­glas ge­had het, is drie in SuidA­fri­ka. Van hul­le het Durban die mees­te groen, ter­wyl Jo­han­nes­burg ’n paar bla­re ag­ter die kus­stad is.

Kaap­stad is ook be­kyk, maar lê bra ver on­der op die lys.

Vol­gens Tree­pe­dia het hul­le Google S­treet View ge­bruik en met re­ke­naar­pro­gram­me ge­kyk hoe­veel groen ’n mens van straat­vlak af kan sien. Hul­le het nie sa­tel­liet­fo­to’s ge­bruik nie en be­klem­toon dat die stel­sel nie in­di­vi­du­e­le bo­me tel nie, maar hoe­veel groen in­wo­ners kan sien.

Ste­de is ’n tel­ling uit 100 ge­gee.

Durban het 23,7 % ge­kry, Jo­han­nes­burg 23,6 % en Kaap­stad 13,4 %. Dié ste­de was on­der­skei­de­lik vyf­de, ses­de en 18de op die lys van 23 ste­de.

Sin­ga­poer is in die top­po­si­sie.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur Tree­pe­dia is dit “nie ’n kom­pe­ti­sie of Groen O­lim­pie­se S­pe­le nie”. Die doel van die pro­jek is om ste­de aan te spoor om ál groe­ner om­ge­wings vir hul in­wo­ners te skep, met die by­gaan­de voor­deel dat die kweek­huis­ef­fek te­ë­ge­werk word.

Hoe ook al, Kaap­stad moet die gra­we af­stof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.