Dalí se oor­skot vir va­der­skap ge­toets

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die sur­re­a­lis­tie­se skil­der Sal­va­dor Dalí se oor­skot is gis­ter op­ge­gra­we so­dat ’n va­der­skaps­toets ge­doen kan word.

Ma­ria Pi­lar A­bel (61), ’n waar­sê­er, het twee jaar ge­le­de die hof ge­na­der met ’n eis teen sy boe­del. Sy be­weer hy is haar pa, be­rig Art­net. As sy slaag, kan sy tot 25% van sy boe­del van hon­derd­mil­joe­ne eu­ro ont­vang.

Die Ga­la-Sal­va­dor Dalí-S­tig­ting, wat na sy na­la­ten­skap om­sien, sê in ’n ver­kla­ring ’n hof het ver­le­de maand be­veel dat sy oor­skot op­ge­gra­we word. Hy is in Fi­gue­res in S­pan­je be­gra­we in ’n spog­ge­ri­ge tom­be wat hy self ont­werp het.

Die s­tig­ting sê hy gaan die hofbevel teen­staan, maar tot gis­ter­og­gend was daar geen aan­dui­ding dat dit ge­slaag het nie. Die op­gra­wing sou gis­ter­aand ge­doen word en die tom­be sou heel­te­mal toe­ge­maak word vir pri­vaat­heid.

A­bel be­weer Dalí, wat ei­en­dom in die dor­pie Ca­da­qués be­sit het, het in 1955 ’n ver­hou­ding met haar ma ge­had. Haar ma, An­to­nia Mar­tí­nez, het as be­dien­de vir sy fa­mi­lie ge­werk. Vo­ri­ge toet­se van haar- en vel­mon­sters van sy do­de­mas­ker was on­be­slis, be­rig Art­Net. Dalí is in 1904 in Fi­gue­res ge­bo­re. Hy het la­ter daar­heen te­rug­ge­keer en is in 1989 daar dood.

Vol­gens die s­tig­ting is hy in 1933 in ’n bur­ger­li­ke se­re­mo­nie ge­troud met Ga­la, vroe­ër die Rus­sie­se vrou van die Fran­se dig­ter Paul Élu­ard. Die kerk het die hu­we­lik eers baie la­ter er­ken om­dat Ga­la ge­skei was.

Vol­gens The New York Ti­mes het hul­le ’n vreem­de ver­hou­ding ge­had. Laat in haar le­we het Ga­la na ’n kas­teel ver­huis en Dalí net toe­ge­laat om haar op uit­no­di­ging te be­soek.

Die hu­we­lik was kin­der­loos en daar is be­weer dat hy in ’n sta­di­um ’n ver­hou­ding met die dig­ter Fe­de­ri­co Gar­cía Lor­ca ge­had het.

Fo­to: REU­TERS

Sal­va­dor Dalí se graf (die vaal blad op die rooi vloer) in die Dalí­te­a­ter­mu­seum in Fi­gue­res, noord van Bar­ce­lo­na in S­pan­je. ’n Hof het ver­le­de maand op­drag ge­gee dat sy oor­skot gis­ter vir ’n va­der­skap­toets op­ge­gra­we word.

Ma­ria Pi­lar A­bel be­weer sy is Dalí se dog­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.