Plas­tiek­be­soe­de­ling: Die­re­tuin wys ge­va­re

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die ag­ter­lo­si­ge ma­nier waar­op men­se plas­tiek in wa­ter gooi, hou net sleg­te nuus vir die mens­dom in.

’n Nu­we uit­stal­ling in die a­kwa­ri­um van die Ar­tis-die­re­tuin in Am­ster­dam, Ne­der­land, beeld die uit­wer­king van plas­tiek­be­soe­de­ling in een van Am­ster­dam se ka­na­le uit.

“Ons wys hoe ons ka­na­le lyk. Die die­re­tuin wil toe­ne­mend op vol­hou­baar­heid fo­kus en be­soe­kers aan­moe­dig om self iets te doen. Ons wil nie net vin­ger wys nie, maar ook wys hoe men­se die om­ge­wing self kan ver­be­ter,” sê Jas­per Buikx, ’n bi­o­loog by die die­re­tuin.

Buikx sê daar is baie plas­tiek in Am­ster­dam se ka­na­le. Se­dert 2010 maak die o­wer­heid die ka­na­le in­ten­sie­wer met spe­si­a­le “vul­lis­bo­te” skoon. Vul­lis word vier keer per dag uit die ka­na­le ver­wy­der.

“Een van die groot kwes­sies is dat nie al­le plas­tiek dryf nie. Hul­le haal el­ke dag dui­sen­de ki­lo­gram­me plas­tiek uit om­dat ons in ’n be­si­ge stad bly en baie vul­lis som­mer net in die wa­ter ge­gooi word.”

Buikx sê ’n groot plas­tiek­bot­tel be­gin dis­in­te­greer en word klei­ner stuk­kies. Dié stuk­kies ver­brok­kel tot­dat die deel­tjies ge­klas­si­fi­seer word as mi­kro­plas­tiek wat by­na nie meer ge­sien kan word nie.

“Dit is baie moei­lik om daar­die stuk­kies uit te fil­treer. Ons kan om­trent 70% van die mi­kro­plas­tiek ver­wy­der, maar 30% bly oor wat dan deur vis­se ge­ëet word, waar­na ons die vis­se eet. Die mi­kro­plas­tiek bou dus in die voed­sel­ket­ting op.”

Buikx sê die die­re­tuin hoop om be­soe­kers van oor die wê­reld heen in te lig oor die ge­va­re van be­soe­de­ling en om hul­le aan te moe­dig om plas­tiek slim­mer te ge­bruik.

Fo­to: AR­TIS

Dié toe­voe­ging tot die a­kwa­ri­um in die Ar­tis­die­re­tuin lig die pu­bliek in oor die ge­va­re van plas­tiek­be­soe­de­ling in wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.