OJ kry pa­rool ná ne­ge jaar in tronk

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Die voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se voet­bal­spe­ler OJ Simp­son het gis­ter pa­rool ge­kry na­dat hy ne­ge jaar tronk­straf uit­ge­dien het weens ’n mis­luk­te roof­tog.

Hy sal in Ok­to­ber vry­ge­laat word.

Simp­son (70) het be­rugt­heid ver­werf na­dat hy in 1995 vry­ge­spreek is van die moord op sy eks­vrou en haar vriend.

Simp­son het per vi­de­o­ver­bin­ding van­uit die Lo­velock-ge­van­ge­nis in Lo­velock, Ne­va­da, voor die pa­rool­raad in Car­son Ci­ty ver­skyn.

Hy het sy kop laat sak toe die pa­rool­raad se vier le­de een­pa­rig ge­stem het om aan hom pa­rool toe te staan. Hy het toe op­ge­staan en sy han­de saam­ge­slaan.

In die pa­rool­ver­hoor het die pa­rool­raad ge­tui­e­nis van Ar­nel­le, Simp­son se dog­ter, en Bru­ce For­mong, een van die twee sport­me­mo­ra­bi­lia-han­de­laars wat hy in Sep­tem­ber 2007 be­roof het, aan­ge­hoor.

For­mong sê Simp­son is ’n goeie man wat ’n fout ge­maak het en vry­ge­laat moet word om­dat hy ’n t­wee­de kans ge­gun moet word.

Simp­son het in 2007 pro­beer om sport­me­mo­ra­bi­lia wat hy sê aan hom be­hoort, te­rug te kry.

Die pa­rool­raad sê Simp­son het hom by tronk­re­ëls ge­hou, het geen vo­ri­ge ver­oor­de­lings nie en hou nie veel van ’n vei­lig­heids­ri­si­ko vir die pu­bliek in nie.

“Ek het my tyd uit­ge­dien. Ek het dit so goed en met so­veel re­spek ge­doen as wat e­nig­ie­mand kan. Niks hier­van sou ge­beur het as ek be­ter oor­deel ge­had het nie,” het Simp­son in sy ge­tui­e­nis voor die raad ge­sê.

Hy sê hy is ge­reed vir ’n le­we bui­te die tronk, om tyd saam met sy fa­mi­lie deur te bring en hy is ge­reed vir die aan­dag wat hy nou gaan kry.

“Ek is nie ie­mand wat kon­flik op straat het nie. Ek ver­wag nie ek sal e­ni­ge kon­flik hê wan­neer ek hier weg­gaan nie,” sê hy.

Simp­son was ’n voet­bal­ster wat ak­teur ge­word het.

Hy is in 1985 met Ni­co­le Bro­wn ge­troud. Die hu­we­lik het se­we jaar ge­hou waar­ty­dens Bro­wn Simp­son her­haal­de­lik van huis­hou­de­li­ke ge­weld be­skul­dig het.

Sy het in 1992 aan­soek ge­doen om ’n eg­skei­ding.

Op 13 Ju­nie 1994 is die ly­ke van Bro­wn en Ro­nald Gold­man, ’n vriend, bui­te Bro­wn se huis in Los An­ge­les ge­vind.

Al­bei het ver­skeie mes­won­de ge­had.

Simp­son is van die moor­de aan­ge­kla. Hy is in Ok­to­ber 1995 vry­ge­spreek op al­bei aan­klag­te.

Tal­le ju­rie­le­de het ná die tyd ge­sê hul­le glo hy is skul­dig, maar dat die staat dit nie kon be­wys nie.

Fo­to: REU­TERS

OJ Simp­son ten ty­de van sy pa­rool­ver­hoor gis­ter in Ne­va­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.