‘G20­ge­sprek was g’n ge­heim’

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Die K­rem­lin glo dit is “ab­so­luut ab­surd” om die in­for­me­le ge­sprek op die G20-be­raad in Ber­lyn tus­sen p­ress. Do­nald Trump van die VSA en Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land as ’n ge­heim te be­stem­pel, het Rus­sie­se nuus­a­gent­skap­pe be­kend ge­maak.

’n Amp­te­naar van die Wit­huis het Dins­dag ge­sê Trump en Poe­tin het ’n pri­va­te ge­sprek ten ty­de van ’n aand­e­te vir G20-lei­ers op die be­raad vroe­ër van­dees­maand in Duits­land ge­had, wat som­mi­ge A­me­ri­kaan­se po­li­ti­ci, wat on­te­vre­de is oor Trump se han­te­ring van die VSA-Rus­land-ver­hou­ding, be­kom­merd ge­maak het.

Trump se in­ter­ak­sie met die Rus­sie­se lei­er op die be­raad is fyn dop­ge­hou weens be­we­rings dat Mo­s­kou in die A­me­ri­kaan­se ver­kie­sing ver­le­de jaar pro­beer in­meng het om Trump te help wen, iets wat Rus­land sum­mier ont­ken.

“Die ge­bruik van woor­de soos ‘ge­heim’ of ‘ge­hei­me ver­ga­de­ring’ laat wenk­broue lig,” het D­mitrie Pe­skof, die K­rem­lin se woord­voer­der, vol­gens Rus­sie­se nuus­a­gent­skap­pe op staat-TV ge­sê. “Hul­le het ’n bi­la­te­ra­le ver­ga­de­ring ge­had waar­op deur di­plo­ma­tie­ke ka­na­le oor­een­ge­kom is en hul­le het ver­skeie ke­re sie­nings ge­deel. Daar was geen ge­hei­me ver­ga­de­rings nie en om te be­weer dit was (ge­hei­me ver­ga­de­rings), is heel­te­mal ab­surd,” het Pe­skof glo ge­sê.

In ’n on­der­houd met New York Ti­mes het Trump ge­sê die ge­sprek met Poe­tin het so­wat 15 mi­nu­te ge­duur en was meest­al “lig­har­tig”.

Ian B­rem­mer, pre­si­dent van die po­li­tie­ke ri­si­ko-a­gent­skap Eu­r­a­sia Group, sê die ge­sprek het so­wat ’n uur ge­duur.

Fo­to: EPA

Trump

Fo­to: SPUTNIK

Poe­tin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.