VSA ont­trek steun aan Si­rie­se re­bel­le­groe­pe

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Die VSA het sy steun aan re­bel­le­groe­pe in Si­rië ont­trek wat p­res. Basjar al-As­sad teen­staan.

Vol­gens twee A­me­ri­kaan­se re­ge­rings­amp­te­na­re word dit ge­doen in ’n po­ging om die VSA se ban­de met Rus­land te ver­be­ter.

Rus­land steun As­sad, met die hulp van Iran­se veg­ters.

Si­rië gaan al ses jaar on­der ’n bur­ger­oor­log ge­buk.

Die CIA het in 2013 on­der Ba­rack O­ba­ma se be­wind be­gin om re­bel­le­groe­pe te on­der­steun in ’n po­ging om As­sad om­ver­ge­werp te kry, maar son­der suk­ses.

The Washing­ton Post het eer­gis­ter be­rig die CIA-pro­gram word be­ëin­dig.

Die Wit­huis en die CIA wil nie kom­men­taar le­wer nie.

Blyk­baar is die be­sluit ge­neem na­dat H.R. M­cMas­ter, p­res. Do­nald Trump se na­si­o­na­le vei­lig­heids­raad­ge­wer, en Mi­ke Pom­peo, CIA-di­rek­teur, met hul ken­ners ge­kon­sul­teer het.

Die kon­sul­ta­sies het plaas­ge­vind voor Trump se ont­moe­ting met p­res. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land so­wat twee we­ke ge­le­de op die G20-be­raad in Duits­land.

Die ont­trek­king was nie deel van ge­sprek­ke tus­sen die twee moond­he­de oor ’n moont­li­ke skiet­sta­king in suid­wes­te­li­ke Si­rië nie, sê die twee be­amp­tes.

Een van hul­le be­na­druk die stap is nie ’n be­lang­ri­ke toe­ge­wing nie om­dat As­sad ’n ste­wi­ge greep op mag in die land het.

“Maar dit is ’n te­ken aan Poe­tin dat die re­ge­ring sy ver­hou­ding met Rus­land wil ver­be­ter.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.