Weer­mag se geld min­der: Hoof loop

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Die hoof van die Fran­se weer­mag het be­dank om­dat hy en p­res. Em­ma­nu­el Ma­cron haaks was oor be­snoei­ings aan die ver­de­di­gings­be­gro­ting.

Genl. Pier­re de Vil­liers (60) het eer­gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy het ver­geefs pro­beer om die Fran­se weer­mag in al hoe moei­li­ker fi­nan­si­ë­le om­stan­dig­he­de in stand te hou.

“In die hui­di­ge om­stan­dig­he­de kan ek nie lan­ger die sterk weer­mag waar­borg wat ek glo ons no­dig het om Frank­ryk en die Fran­se volk te be­skerm nie – nie van­dag nie en ook nie mô­re nie,” sê hy.

Genl. Fran­cois Le­coin­t­re gaan hom op­volg.

Dit volg op ’n he­wi­ge stry­e­ry tus­sen die twee wat los­ge­bars het aan die voor­aand van die mi­li­tê­re vie­ring van Bas­til­le­dag op 14 Ju­lie. De Vil­liers het glo met ’n he­le paar krag­woor­de tus­sen­in be­swaar aan­ge­te­ken op ’n ge­slo­te par­le­men­tê­re sit­ting oor die be­oog­de be­snoei­ings.

Ma­cron wil die ver­de­di­gings­be­gro­ting met €850 mil­joen in­kort as deel van sy plan om staats­be­ste­ding te ver­min­der.

Ma­cron, wat twee maan­de ge­le­de pre­si­dent ge­word het, het ge­re­a­geer deur in ’n toe­spraak voor an­der of­fi­sie­re aan De Vil­liers te sê: “Ek het my daar­toe ver­bind. En ek is jou baas.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.