Lang pad lê voor na her­stel

Al ma se rib­be, skou­er ge­breek

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Gil­li­an Ven­ter, wat erg be­seer is in ’n bot­sing waar­in haar vriend en sy twee seuns Dins­dag dood is, het gis­ter­mid­dag ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan om die bloe­ding van haar le­wer te stop.

Haar seun, Jor­dan (15), het ’n ge­breek­te bek­ken. Hy word ook in die Me­di­cli­nic Nel­spruit be­han­del.

Hein­rich Kie­ser, Gil­li­an se vriend van die af­ge­lo­pe se­we jaar, en sy twee tie­ner­seuns is op slag dood toe ’n vrag­mo­tor op die N4 in M­pu­ma­lan­ga glo vir ’n an­der mo­tor uit­ge­swaai en teen hul nuts­voer­tuig ge­bots het.

Hul­le was van Mo­sam­biek op pad na Gau­teng.

Vol­gens Pie­ter Ven­ter (53), Gil­li­an se eks­man wat Woens­dag uit Ge­or­ge ge­vlieg het om aan haar en sy seun se sy te wees, het Gil­li­an en Jor­dan nog ’n lang pad om te loop.

“Gil­li­an is om­streeks 14:00 uit die te­a­ter ont­slaan en die o­pe­ra­sie was ge­luk­kig ’n suk­ses – maar sy sal nog baie be­han­de­ling moet on­der­gaan, want sy het reg­tig baie seer­ge­kry,” het Pie­ter gis­ter ge­sê.

“Din­ge kan van nou af net be­ter gaan, so ek hou maar duim­vas en hoop vir die bes­te.”

Gil­li­an se hand, wat vol teer en glas was, is ook in die te­a­ter skoon­ge­skrop.

“Haar skou­er, al haar rib­be en haar en­kel is ge­breek, so sy sal ver­moe­de­lik nog ve­le o­pe­ra­sies moet on­der­gaan.”

Vol­gens Pie­ter gaan dit “baie be­ter” met Jor­dan, maar hy sal ver­moe­de­lik nog tot ein­de van­jaar be­han­de­ling moet kry.

“Ek ver­moed hy is deur baie trau­ma en ek gaan vir hom die een of an­der soort be­ra­ding pro­beer re­ël so­dra dit be­ter met hom gaan,” sê Pie­ter.

Jor­dan is in gr. 9 aan die Paul Roos Gim­na­si­um en vol­gens Pie­ter is die steun wat hul­le van die skool se ou­ers en per­so­neel ont­vang “on­ge­loof­lik”

’n Rou­diens vir Hein­rich, Chris­ti­an (15) en Al­din (12) sal op 27 Ju­lie in die ou­di­to­ri­um van Boys High, waar Chris­ti­an ’n leer­ling was, ge­hou word.

“Ons is nog maar al­mal in skok, maar pro­beer die stuk­kies van ons le­we op­tel en die le­we in die oë kyk,” het Her­man Pie­naar (46), die broers se oom, gis­ter­aand ge­sê.

Hul ma, I­tha (48), is ge­wel­dig ge­skok.

“Ek glo ons sal eers la­ter werk­lik be­sef wat ge­beur het, wan­neer dit tyd ge­had het om in te sink.

“Ons pro­beer die skok ver­werk en so aan, so sal se­ker la­ter pro­beer om sin te maak van wat ge­beur het.”

I­tha Kie­ser saam met haar seuns, Chris­ti­an (15) en Al­din (12). Gil­li­an en Jor­dan Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.