ATKV, wees ver­sig­tig met plan, sê Mul­der

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

’n Mens won­der of die A­fri­kaan­se Taal- en Kul­tuur­ver­e­ni­ging (ATKV) nou net die Taal- en Kul­tuur­ver­e­ni­ging (TKV) gaan word na­dat die or­ga­ni­sa­sie ’n nu­we hoof, Dei­d­re le Ha­nie, ge­kry het.

Soos vroe­ër be­rig wil die ATKV ’n wy­er ge­meen­skap as nét die A­fri­kaan­se ge­meen­skap be­reik en meen dat hy meer vir na­sie­bou in die land kan doen deur an­der ta­le in te sluit.

Dr. Pie­ter Mul­der van die VF Plus sê daar is niks mee ver­keerd om na an­der taal­groe­pe uit te reik nie, maar ’n mens moet ver­sig­tig wees, want dit kan die or­ga­ni­sa­sie se hoof­sa­ke ver­an­der.

“Die ge­skie­de­nis het be­wys as ’n or­ga­ni­sa­sie al­les vir al­mal pro­beer wees, hy dik­wels in die mid­del deur­val en uit­ein­de­lik niks vir ie­mand is nie,” sê hy.

Die ATKV is al 87 jaar ’n kul­tuur­tuis­te vir A­fri­kaans en het ver­al se­dert 1994 ’n groot en be­lang­ri­ke rol ge­speel om die A­fri­kaan­se taal- en kul­tuur­le­we te be­skerm en on­der­steun.

“Tans is daar deur­lo­pen­de re­ge­rings­druk op A­fri­kaans. Daar­om sal dit jam­mer wees as die A­fri­kaan­se taal­ge­meen­skap die ATKV, of e­ni­ge soort­ge­ly­ke or­ga­ni­sa­sie, nou ver­loor,” sê hy.

Hy sê as ATKV-lid sal hy en an­der A­fri­kaans­spre­ken­des die or­ga­ni­sa­sie se nu­we oog­mer­ke en Le Ha­ni dop­hou om te kyk wat van die ATKV gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.