Sta­ken­de 10111­wer­kers kry steun

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

Die vak­ver­bond Saf­tu en die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­si­eu­nie (Sa­pu) on­der­steun die 5 000 o­pe­ra­teurs van die po­li­sie se 10111in­bel­sen­trums wat tans staak.

Die twee vak­bon­de het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le ver­staan die “erns­ti­ge” im­pak van die sta­king en sim­pa­ti­seer met die pu­bliek wat van ’n o­pen­ba­re diens ont­neem is. “Maar dit is si­nies deur die be­stuur uit­ge­buit om hul per­so­neel af te pers om vir min­der te werk as wer­kers van an­der in­bel­sen­trums wat die­self­de be­lang­ri­ke werk doen.”

Die sta­king het Woens­dag be­gin. Wer­kers eis ’n sa­la­ris­ver­ho­ging van die hui­di­ge so­wat R160 000 tot so­wat R226 000 per jaar.

Die werk­ne­mers is brood­win­ners. “Daar kan nie van hul­le ver­wag word om hul ge­sin­ne te laat ly om­dat hul werk­ge­wer nie wil in­stem tot ’n loon waar­van hul­le kan leef nie,” sê die vak­bon­de.

Saf­tu doen ’n be­roep op SuidA­fri­ka­ners om hul frus­tra­sie nie te fo­kus op die sta­ken­de wer­kers nie, maar op die po­li­sie­be­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.