Trots ná pyn oor grond

Beeld - - Nuus -

Sto­ries oor pla­se waar dit ná grond­ei­se be­roerd gaan, is vol­op, maar by De Paarl na­by Lich­ten­burg word ’n suk­ses­ver­haal ge­skryf, be­rig Su­san Cil­liers.

‘‘

Ek is hart­seer dat my voor­ou­ers dit nie kan be­leef nie. Maar ek sien ook die vreug­de en op­ge­won­den­heid in die oë van hul tyd­ge­no­te wat nog leef.

— CLIFFORD NGESMAN

Dis Ju­lie in Noord­wes. So ver as wat die oog kan sien, lê die vaal vlak­tes uit­ge­strek. Dis mie­lie- en son­ne­blom­wê­reld, maar in die mid­del van die win­ter lyk dit of al­les tot niet is.

Dit is die tyd wan­neer die vrug van die aar­de ge­stroop word. Staan jy in ’n son­ne­blom­land soos hier op De Paarl, hoor jy die droë ste­le voor die mon­ster­bek van die stro­per weg­kraak.

Ie­wers in die bin­ne­goed van dié won­der­ma­sjien word die kos­ba­re pit­te uit die droë kop­pe ge­haal. En as­of die ma­sjien die le­we skenk, word dit in ’n swart stroom uit die stro­per se pyp in ’n trek­ker­wa ge­stort.

Clifford Ngesman, as­sis­tent­be­stuur­der van die plaas, staan reg­op en trots ter­wyl hy die pro­ses be­kyk.

Hart­seer is daar ook en Ngesman won­der hard­op of sy ou­pa E­li­as en die an­der ge­sin­ne wat dié grond in 1948 on­der dwang van die a­part­heids­re­ge­ring moes ver­laat, van­dag weet dat hul na­sa­te te­rug is.

‘Ek het al moed ver­loor’

Die Ngesman- en an­der ge­sin­ne het in 1996 ’n grond­eis in­ge­stel.

“Ons voor­sa­te is in 1948 na ’n ne­der­set­ting nie ver van hier af nie ge­skuif,” sê Ngesman.

“My ou­pa was ’n wel­ge­stel­de man met 100 stuks vee. Die hof in Lich­ten­burg het hom des­tyds met die ver­skui­wing ook ge­dwing om sy vee te ver­min­der en aan an­der men­se te gee. Ons voor­ou­ers en hul na­ge­slag­te het ver­arm en ons moes nood­ge­dwon­ge as plaas­wer­kers by boe­re in die om­ge­wing gaan werk.

“Hul­le het hul waar­dig­heid ver­loor en ge­sin­ne is ver­nie­tig. My ou­pa is in 1961 aan ’n hart­aan­val dood. Ek glo die ge­beu­re het sy ge­sond­heid ge­knou.”

Ngesman sê hy het ná die grond­eis in 1996 al moed op­ge­gee dat dit ooit sal slaag. Toe kry hy in 2006 ’n op­roep van die de­par­te­ment van grond­her­vor­ming en word mee­ge­deel dat die grond aan die ge­sin­ne te­rug­ge­gee gaan word.

“Ek was ’n vrag­mo­tor­be­stuur­der en op pad na Beau­fort-Wes toe ek die nuus kry. Ek was so bly dat die re­ge­ring sy be­lof­te na­ge­kom het.”

Vol­gens Nau­dé Pie­naar, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof­be­stuur­der van A­gri Noord­wes, het die boe­re wat op die grond ge­woon het die eis nie teen­ge­staan nie. “Die me­rie­te van die eis is nooit ge­toets nie, maar die re­ge­ring het die pla­se uit­ein­de­lik by die boe­re ge­koop en die grond in die naam van die ei­sers oor­ge­dra.”

Die grond is oor­ge­dra aan 37 ge­sin­ne wat die aan­vank­li­ke eis in­ge­stel het. Daar is 1 129 be­voor­deel­des en 347 huis­hou­dings, waar­van 189 vroue aan die s­tuur het.

Die re­ge­ring het R39,8 mil­joen be­stee om die grond te koop en nog R14,5 mil­joen om die be­guns­tig­des ná die oor­drag van die grond te help om aan die gang te kom.

4 500 ha is aan die be­guns­tig­des te­rug­ge­gee.

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes se pre­mier, het in Ju­nie na­mens die pro­vin­si­a­le re­ge­ring plaas­im­ple­men­te ter waar­de van meer as R6 mil­joen aan De Paarl oor­han­dig.

Dank­baar, maar dit bly ’n moei­li­ke pad

Ngesman sê hul­le is dank­baar vir die re­ge­ring se hulp, maar die pad tot hier was nie mak­lik nie en hul­le is nog glad nie waar hul­le wil wees nie.

Hul­le ver­huur groot de­le van die plaas aan an­der boe­re in die om­ge­wing en ge­bruik die in­kom­ste daar­uit om hul boer­de­ry met mie­lies, son­ne­blom­me en vee op ’n klei­ner deel van die plaas te be­dryf.

“Dis wel nie ons lang­ter­myn­vi­sie nie, dis net ’n oor­gang­stra­te­gie,” sê Ngesman.

De Paarl se be­guns­tig­des mik daar­na om die he­le plaas bin­ne die vol­gen­de vyf jaar self te be­werk. Be­ne­wens die deel waar die vee wei, boer hul­le nou op 100 ha met mie­lies en son­ne­blom­me. Hul­le wil dit in die ko­men­de sei­soen ver­dub­bel.

Ngesman en die an­der ge­sin­ne be­sef hul­le het nie nou ge­noeg geld, ka­pa­si­teit of kun­dig­heid om die he­le plaas te be­werk nie. “Ons moet be­reid wees om te leer, ge­dul­dig en ne­de­rig wees en kri­tiek aan­vaar.”

Dié in­sig is waar­skyn­lik hoe­kom De Paarl so­veel po­ten­si­aal toon teen­oor baie an­der pla­se wat tot niet ge­gaan het na­dat dit aan die be­guns­tig­des van grond­ei­se oor­ge­dra is.

Pie­naar be­ves­tig dat din­ge op dié plaas be­lo­wend lyk. “Dit gaan goed daar. Die be­guns­tig­des dink oor wat hul­le doen en neem goeie sa­ke­be­slui­te. Hul­le is ook oop vir raad en in­lig­ting. Dit tel ook in hul guns dat dié een van die bes­te pla­se in Noord­wes met ’n hoë grond­po­ten­si­aal is.”

Ngesman en die an­der lei­ers van die be­guns­tig­des het van die be­gin af be­sef hul­le het hulp no­dig, sê Ngesman se seun, Se­cha­ba Le­ka­be.

Hoe­wel Le­ka­be in So­we­to groot­ge­word en ’n kwa­li­fi­ka­sie in re­ke­naar­we­ten­skap ver­werf het, het hy nie twee keer ge­dink voor­dat hy be­sluit het om ook op De Paarl te kom boer nie.

Hy werk nou in die week op die plaas en is na­we­ke tuis by sy ge­sin in So­we­to.

Le­ka­be is aan die s­tuur van Ko­ko­a­na Far­ming En­ter­pri­se, ’n maat­skap­py wat ge­stig is om spe­si­fiek na De Paarl se sa­ke­be­lan­ge om te sien en se­ker te maak dat dit suk­ses­vol en vol­hou­baar is, sê hy.

Dié maat­skap­py doen reg­streeks ver­slag aan De Paarl se kom­mu­na­le ei­en­doms­ver­e­ni­ging, in wie se naam die plaas se ti­tel­ak­te oor­ge­dra is. Die grond­eis-be­guns­tig­des kies el­ke drie jaar ’n nu­we uit­voe­ren­de ko­mi­tee vir die ver­e­ni­ging.

Vol­gens Le­ka­be gaan al die geld wat die sa­ke­deel ge­ne­reer na die ver­e­ni­ging se trust. Die plan is dat die di­vi­den­de in die toe­koms aan die be­guns­tig­des se huis­hou­dings uit­be­taal sal word.

Kun­di­ge ven­no­te

Le­ka­be sê een van die be­lang­rik­ste eer­ste s­tap­pe wat hul­le ge­doen het, was om Ru­di Lou­rens uit te soek.

Lou­rens het op ’n plaas in die Lich­ten­burg-om­ge­wing groot­ge­word en werk al 20 jaar as plaas­be­stuur­der. De Paarl se be­guns­tig­des het hom leer ken ter­wyl hy ge­werk het vir een van die boe­re wat vroe­ër grond by hul­le ge­huur het. “Ons het hom nie net vir sy vaar­dig­he­de ge­kies nie, maar ook om­dat hy so goed met men­se werk,” sê Le­ka­be.

Dis nou drie jaar la­ter en Lou­rens sê as plaas­be­stuur­der pak hy en De Paarl se men­se die uit­da­gings saam. “Hier is baie po­ten­si­aal; ons lag en huil saam.”

Nog ’n be­stand­deel van De Paarl se suk­ses­re­sep is dat hul­le kun­di­ge hulp, soos dié van Mo­ra­pe­di Mut­lo­a­ne, ’n kon­sul­tant van Om­nia, ge­bruik om sa­ke­stra­te­gieë te ont­wik­kel so­dat De Paarl met­ter­tyd kom­mer­si­eel sterk ge­ves­tig kan word.

Mut­lo­a­ne het self op ’n plaas in Noord­wes groot­ge­word en boer dees­dae op ver­skeie pla­se in on­der meer Noord­wes. “Ek het be­sluit om ook in my pri­va­te hoe­da­nig­heid in hier­die plaas te be­lê, want ek glo in ven­noot­skap­pe.”

So doen hul­le dit nié op De Paarl

On­min tus­sen be­guns­tig­des en ’n ge­brek aan goeie men­tor­skap is van die ver­naam­ste re­des hoe­kom grond­her­vor­ming dik­wels mis­luk, sê An­ne­li­ze Cros­by, ’n ken­ner van grond­be­leid by A­gri SA.

“Be­guns­tig­des is dik­wels groe­pe men­se wat op een stuk grond moet boer. Hul­le ver­skil dan mak­lik oor hoe die boer­de­ry be­har­tig moet word.”

Vol­gens Cros­by is daar reeds baie en goeie na­vor­sing ge­doen wat wys dat re­ge­rings­be­gro­tings vir land­bou en grond­her­vor­ming af­ge­neem het.

“Daar is dik­wels nie ge­noeg geld vir die aan­koop én die ont­wik­ke­ling van die grond nie. Die koop­be­drag is net ’n der­de van die kos­te. Die res is no­dig vir ont­wik­ke­ling. Ge­brek­ki­ge on­der­steu­ning van die re­ge­ring vir ont­wik­ke­ling speel dus ook ’n rol.”

Nog ’n pro­bleem is dat re­ge­rings­pla­se dik­wels in die staat se naam ge­re­gis­treer is en dat die be­guns­tig­des nie die ti­tel­ak­tes kry nie. “Hul­le het dan geen vas­tig­heid nie en nie­mand wil aan hul­le geld leen nie.”

Cros­by sê in die min­der­heids­ge­val­le waar grond­her­vor­ming wel suk­ses­vol is, is dit dank­sy werk­lik sin­vol­le, funk­si­o­ne­le ven­noot­skap­pe tus­sen die staat en pri­va­te sek­tor, ver­al wat men­tor­skap be­tref.

“By­voor­beeld, die Na­si­o­na­le Wol­wer­kers­ver­e­ni­ging het die voor­ma­li­ge Trans­kei se wol­boe­re met ’n re­ge­rings­ge­fi­nan­sier­de pro­jek ge­help om hul pro­duk­sie te ver­be­ter. Dit het daar­toe ge­lei dat die per ca­pi­ta-in­kom­ste in ’n arm ge­bied nou heel­wat ho­ër is. Graan SA het ook suk­ses­vol­le men­tor­s­pro­jek­te met op­ko­men­de boe­re.”

Op De Paarl is die po­ten­si­aal vir suk­ses dui­de­lik: Hier is po­si­tie­we men­tor­skap, hul­le het ’n ti­tel­ak­te, bou ven­noot­skap­pe en het tot dus­ver goeie on­der­steu­ning van die re­ge­ring ge­kry.

Her­stel en vreug­de

Mut­lo­a­ne sê in die agt maan­de wat hy nou by De Paarl be­trok­ke is, kan hy reeds sien hoe die e­nor­me pyn wat deur po­li­tie­ke ge­beu­re soos dié in 1948 ver­oor­saak is, be­gin weg­gaan.

“’n He­le ge­ne­ra­sie van swart kom­mer­si­ë­le boe­re, ge­sin­ne, hul self­waar­de en maat­skap­li­ke sa­me­ho­rig­heid is des­tyds ver­nie­tig.”

Nou, sê Ngesman, word hier­die ver­lie­se sta­dig maar se­ker uit­ge­wis.

“Ek is hart­seer dat my voor­ou­ers dit nie kan be­leef nie. Maar ek sien ook die vreug­de en op­ge­won­den­heid in die oë van hul tyd­ge­no­te wat nog leef.”

Fo­to’s: SU­SAN CIL­LIERS

Clifford Ngesman (links), as­sis­tent­be­stuur­der van De Paarl, en sy seun, Se­cha­ba Le­ka­be, wat die sa­ke­deel be­stuur, by Ru­di Lou­rens, die plaas­be­stuur­der wat deur hul­le uit­ge­soek is.

Ngesman en Le­ka­be by van die bees­te wat op die plaas De Paarl aan­ge­hou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.