Veel­be­kroon­de ‘Reuk van ap­pels’ ont­roer op ver­hoog

Beeld - - Nuus - Ru­an Bru­wer

Dit waar­mee oud-troe­pies ja­re lank op­ge­krop ge­sit het of nie die woor­de kon vind om daar­oor te praat nie, word dié week op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein deur die ka­rak­ter Mar­nus Eras­mus ver­woord in Die reuk van ap­pels.

Dit be­loof om te ont­roer. “Toe ons vroe­ër die maand met die op­voe­ring in Gra­ham­stad was, het ’n oom ná die tyd na my toe ge­kom, maar hy kon niks uit­kry nie. Hy was la­ter so e­mo­si­o­neel. Sy vrou het ver­tel hy het drie de­ka­des lank nooit daar­oor ge­praat nie,” sê die ak­teur Gi­de­on Lom­bard, wat die rol van Mar­nus ver­tolk. “Mans wat self op die g­rens was, sien hul­self in die ka­rak­ter.

Die stuk is ge­grond op die veel­be­kroon­de en op­spraak­wek­ken­de ge­lyk­na­mi­ge ro­man deur

‘‘

Dit was ’n droom om dit op die ver­hoog te kry se­dert ek die boek vir die eer­ste keer ge­lees het.

— JO­HAN VAN DER MER­WE

Mark Behr wat in so­wel En­gels as A­fri­kaans uit­ge­gee is.

Die boek lê die A­fri­ka­ner­psi­ge van die 1970’s op ’n merk­waar­di­ge en ge­troue wy­se bloot deur die oë van ’n kind, Mar­nus.

Hy lei ’n o­ën­skyn­lik een­vou­di­ge en ge­luk­ki­ge le­we. Sy pa is ’n ge­ne­raal-ma­joor in die weer­mag.

Hy word groot met baie on­der­druk­king en in­dok­tri­na­sie, want hy glo al­les wat sy pa vir hom sê, want sy pa is sy held, sê Lom­bard.

Wel­dra word Mar­nus ge­kon­fron­teer met vrae oor mens­wees en man­wees, oor wat reg en ver­keerd is. ’n Skok­ken­de ont­dek­king breek deur die op­per­vlak­te van sy al­le­daag­se be­staan en ver­an­der al­les on­her­roep­lik.

“Hoe­kom dit steeds re­le­vant is (die boek en stuk speel in 1973 af), is om­dat daar nog nie daar­oor ge­praat is nie. Dis eint­lik ’n hart­seer i­ro­nie dat dit nou nog re­le­vant is.

“Ek het die boek nooit ge­lees nie, maar na­dat ek dit bin­ne twee dae klaar ge­lees het, het ek ge­sê ‘dis reg, kom ons doen dit.’ Dis sen­si­tie­we en ge­weld­da­di­ge goed wat uit daai tyd kom.”

Die reuk van ap­pels was die e­nig­ste A­fri­kaan­se to­neel­pro­duk­sie op die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Gra­ham­stad vroe­ër die maand en vol­gens die me­de­ver­vaar­di­ger, Jo­han van der Mer­we, was die re­ak­sie baie goed.

“Dit was ’n droom om dit op die ver­hoog te kry se­dert ek die boek vir die eer­ste keer ge­lees het, maar ek het nooit ge­dink ek sou die reg­te ver­kry om dit te laat ver­werk nie.”

Lom­bard is vroe­ër van­jaar ver­eer as bes­te ak­teur op die Klein Ka­roo Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Oudts­hoorn, waar Die reuk van ap­pels ge­de­bu­teer het.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Hoe­wel daar nie ’n ap­pel in die op­voe­ring van Die reuk van ap­pels is nie, is dit ’n sterk me­ta­foor in die stuk waar­in Gi­de­on Lom­bard al­leen op die ver­hoog is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.