Skou­spel oor­don­der teks

Beeld - - Nuus - Paul Boek­kooi

Drie van die vier E­van­ge­lies ver­wys na Sa­lomé, maar ver­swyg haar naam. Die his­to­ri­kus Fla­vi­us Jo­se­phus het ook fei­te oor haar op­ge­diep.

In 1893 kom Os­car Wil­de met sy de­ka­den­te in­ter­pre­ta­sie na die te­a­ter­ver­hoog en in 1905 word sy die sen­tra­le ka­rak­ter in Ri­chard S­trauss se o­pe­ra Sa­lomé. Ver­le­de jaar het die Suid-A­fri­kaan­se re­gis­seur en dra­ma­turg Ya­ël Far­ber met háár Sa­lomé in Washing­ton ge­de­bu­teer.

In die ver­film­de weer­ga­we van Far­ber se on­lang­se Lon­den­se speel­vak in die O­li­vier­te­a­ter is dit die sin­tuig­li­ke aan­slag wat oor­heer­send en deur­lo­pend só oor­rom­pel dat dit die dra­ma­tie­se teks­in­houd daar­van to­taal oor­heers.

Sy trans­for­meer el­ke moont­li­ke kon­ven­sie, maar ver­loor dit op die ge­skre­we teks­vlak wat van meet af aan geen hel­der rig­ly­ne aan­gaan­de waar­heen sy op pad is, ont­wik­kel of uit­ein­de­lik (be)ves­tig nie. Daar is wel ’n per­soon­li­ke be­toog wat aan haar Sa­lomé, die ka­rak­ter, vas­kleef.

Far­ber be­skou haar as die krink­spil waar­om­heen die po­li­tiek van daar­die tyd ge­draai het. Sy is ’n stil­le re­vo­lu­si­o­nêr wat die hoog­ge­plaas­tes van haar tyd be­ïn­vloed of dan ten min­ste pro­beer ma­ni­pu­leer het. Sy was dus veel méér as die Ju­da­ïe­se prin­ses wat die kop van Jo­han­nes die Do­per op ’n skink­bord ge­ëis het.

Ter­wyl his­to­rie­se per­soon­lik­he­de uit daar­die tyd van tyd tot tyd in kort to­ne­le fi­gu­reer – daar is Pon­ti­us Pi­la­tus (Lloyd Hut­chin­son), He­ro­des (Paul C­ha­hi­di), le­de van die San­he­drin en an­der – is die rol van Jo­han­nes (Ram­zi C­hou­kair) die e­nig­ste waar­lik drie­di­men­si­o­ne­le man­li­ke uit­beel­ding. Hy praat Ara­bies, maar ver­taal­de on­der­skrif­te is voor­sien.

Vir Sa­lomé plaas Far­ber twee vroue op die ver­hoog: Die eer­ste se ka­rak­ter­naam is Na­me­less, ’n sta­ti­ge en sterk uit­beel­ding deur Ol­wen Fouéré. Sy ver­teen­woor­dig ’n ou­er Sa­lomé se ge­dag­te­gan­ge en stand­pun­te, plus dan die veel jon­ger, wa­re Sa­lomé (I­sa­bel­la Ne­far) wat vir min­stens die eer­ste helf­te van die op­voe­ring niks sê nie.

Die di­a­loog is we­lis­waar oor­we­gend fei­te­lik en ge­trou, maar daar is ook ’n to­taal hu­mor­lo­se stram­heid en selfs en­ke­le to­ne­le waar ba­tos die op- bou tot po­ten­si­eel be­lo­wen­de to­ne­le laat dis­in­te­greer. E­le­men­te in die teks ir­ri­teer meer­ma­lig soos ’n skerp klip­pie in jou s­koen.

As skou­spel – waar tal­le ver­hoog­ef­fek­te soos sand, wa­ter, rook, ek­sta­tie­se be­lig­ting, klank, be­we­gings­re­gie, sang, plus die oor­koe­pe­len­de ont­wer­pers­ge­ni­a­li­teit wat uit­da­gen­de kos­tu­me­ring in­sluit – werk al­les saam om die ge­ni­a­li­teit van Su­san Hil­fer­ty, wat hier aan die spits staan, te her­be­ves­tig.

A­dam Cork se klank­baan vir dié am­bi­si­eu­se pro­jek is ’n meng­sel van vin­ding­ryk­heid in se­ke­re to­ne­le, maar de­gra­deer soms na ’n vlak van sti­lis­tie­se her­ken­baar­heid wat wei­nig tot die ge­heel by­dra.

Dit is on­be­twis­baar dat Far­ber reeds ’n wê­reld­fi­guur in die in­ter­na­si­o­na­le te­a­ter­be­dryf is, maar hier tas sy rond met ’n teks wat nog kon­struk­si­een af­ron­dings­werk be­no­dig.

Haar skerp re­gie het, des­nie­teen­staan­de al­les, veel rond­om haar Sa­lomé ge­red.

■ Met o.a. Ol­wen Fouéré, I­sa­bel­la Ne­far, Paul C­ha­hi­di, Ram­zi C­hou­kair, Lloyd Hut­chin­son. Re­gie: Ya­ël Far­ber. Tyds­duur: 110 mi­nu­te (geen pou­se). 22, 26 en 27 Ju­lie om 19:30; 23 Ju­lie om 14:30.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.