Doen­din­ge die na­week

Beeld - - Vrydag -

Daar is geen be­ter ma­nier om lek­ker fa­mi­lie­tyd deur te bring as by die die­re­tuin nie en boon­op kan jy som­mer ter­self­der­tyd fiks wees. Op Son­dag 23 Ju­lie vind ’n pret­loop by die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria plaas en deel­ne­mers kan kies tus­sen af­stan­de van 4 km en 8 km. Die pret­loop be­gin 08:00 en laat deel­ne­mers kan om 07:00 by die die­re­tuin in­skryf teen R100 per per­soon. Vir meer in­lig­ting, ska­kel 082 332 9552 of 083 401 1297.

Die sto­rie van Aspoes­ter­tjie het deur die eeue heen die ver­beel­ding aan­ge­gryp en hier­die mu­si­ka­le bly­spel wat deur OAK in die At­ter­bu­ry­te­a­ter op­ge­voer word, is glad nie an­ders nie. Cin­de­rel­la kan van­aand en mô­re­aand, as­ook op 26, 27 en 28 Ju­lie in die te­a­ter ge­sien word. 53 kin­ders en jeug­di­ges tus­sen die ou­der­dom­me van 7 en 21 jaar maak hul ver­sky­ning op die ver­hoog op ’n kleur­vol­le ma­nier. Kaar­tjies kos R120 per per­soon en kan by die te­a­ter ge­koop word.

As daar twee rockster­re is wat geen be­kend­stel­ling no­dig het nie, is dit Kahn Mor­bee van The Par­lo­to­nes en Ka­ren Zoid. Dié twee hou nou hul eer­ste kon­sert saam en hul­le is die na­week (van­aand en mô­re­aand) in die Te­a­tro in Mon­te­ca­si­no te sien. Kaar­tjie­pry­se wis­sel van R180 tot R350 en die ver­to­ning be­gin om 20:00. Die kon­sert duur so­wat 2 uur en 20 mi­nu­te.

Op 26 Ju­lie be­gin die o­pe­ra La tra­vi­a­ta in die Brook­lyn­te­a­ter in P­re­to­ria. Il­ze Coet­zee ver­tolk die rol van Vi­o­let­ta en Fi­lip­po A­da­mi, ’n te­noor van I­ta­lië, is Alf­re­do. Ger­mont word ver­tolk deur Dou­we Bi­j­kers­ma en Neil S­tan­der staan die skoe­ne van Gas­ton vol. Moe­nie hier­die on­ver­geet­li­ke pro­duk­sie mis­loop nie. Kaar­tjie­pry­se wis­sel van R330 tot R100 en be­spre­kings kan ge­doen word by jp­ver­ster@brook­lynt­he­a­t­re.co.za of 078 513 2074.

Voor die va­kan­sie heel­te­mal ver­by is, is daar nog vir ou­laas kans om jou kin­ders na die Na­si­o­na­le Jeug­te­a­ter te vat vir die ver­to­ning The Ad­ven­tu­res of Mr To­ad. Hier­die te­a­ter is be­kend vir sy heer­li­ke, kleur­vol­le pro­duk­sies vir oud en jonk en kin­ders kan mee­ge­voer word na die won­der­wê­reld van die v­rien­de­li­ke ou pad­da. Be­spre­kings kan ge­doen word by 011 484 1584/5 of book­ings@nctt.org.za.

Ka­ren Zoid en Kahn Mor­bee is die na­week in die Te­a­tro te sien.

Cin­de­rel­la is op die oom­blik in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.