Sit­slaap en slui­mer hier­deur

Beeld - - Vrydag - Her­man La­te­gan Ak­sie/a­von­tuur/we­ten­skaps­fik­sie

Va­le­ri­an and the Ci­ty of a T­hou­sand Pla­nets (3D)

Va­le­ri­aan, skryf die New Re­pu­blic, is ’n plant waar­van die wor­tel vrees­lik stink en ge­bruik was om jou on­der meer lo­me­rig te maak. Dit is ge­pas om hier­die fliek na dié ge­was te noem, want dit is pre­sies wat ge­beur. Jy wil sit­slaap en in­slui­mer.

Eint­lik is die oor­sprong van dié rol­prent die stro­kies­ver­haal­boek Valé­ri­an et Lau­re­li­ne, deur Pier­re Chris­tin ge­skep en deur Je­an-Clau­de Mé­zi­è­res ge­te­ken.

Dit het ’n kul­tus­aan­hang in Eu­ro­pa ge­had tus­sen 1967 en 2010. Daar is geen kans dat hier­die hul­di­ging met dié flou fliek her­haal sal word nie.

Dit is die 28ste eeu. Va­le­ri­an (Da­ne DeHaan) en Lau­re­li­ne (Ca­ra De­le­ving­ne) is ’n span wat moet toe­sien daar is wet en or­de on­der die ver­skeie ter­ri­to­ri­ums waar daar men­se woon.

Die sto­rie­lyn is yl, maar vi­su­eel is dit ’n skou­spel. Daar is ge­ne­ra­sies kleur­vol­le pers­grys ruim­te­we­sens wat ’n ver­sky­ning maak, ’n 700 jaar oue re­tro­sjiek wen­te­len­de ruim­te­s­ta­sie, ’n prag­ti­ge vreem­de pla­neet met ve­le son­ne wat skit­ter en skyn, en ’n troe­tel­dier wat pê­rels bol­lie.

Om­dat jy ’n 3D-bril dra, kom daar ook ek­so­tie­se goe­ter­tjies na jou toe aan­ge­vlieg.

Daar is ’n paar be­ken­des wat ka­meerol­le ver­tolk, maar nie Ri­han­na, Et­han Ha­w­ke of C­li­ve O­wen kan gra­vi­tas aan dié ka­lei­do­sko­pie­se war­rel­wind­jie ver­leen nie.

Soos D.F. Mal­her­be ge­skryf het: “Wat is die slaap ’n won­der­soe­te ding!” Pre­sies.

Met o.a. Da­ne DeHaan en Ca­ra De­le­ving­ne. Re­gie: Luc Bes­son. 137 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: OL.

Da­ne DeHaan en Ca­ra De­le­ving­ne in Va­le­ri­an and the Ci­ty of a T­hou­sand Pla­nets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.