Mu­si­ka­le ge­nie trap dees­dae nie meer suut­jies

Beeld - - Vrydag -

Die een ding wat jy maar van Chris C­ha­me­le­on kan weet, is dat hy nooit sal stag­neer nie. Al­tyd iets nuuts, al­tyd vol ver­ras­sings. Hy ge­sels met Teré­sa Coet­zee.

Op die vraag of die lied­jie­skryf­pro­ses vir hom mak­lik kom, sit en peins Chris C­ha­me­le­on so ’n ruk­kie.

Ons is by ’n kof­fie­win­kel in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, die buurt waar hy dees­dae woon. Hy vat een van die pak­kies sui­ker uit die bak­kie wat voor hom staan en lees die slag­spreuk daar­op: “A mo­ment of pa­tien­ce can pre­vent a gre­at di­sas­ter. And a mo­ment of im­pa­tien­ce can ruin an en­ti­re li­fe.”

Die vol­gen­de oom­blik trek Chris C­ha­me­le­on los en sing ’n lied­jie met daar­die woor­de – sy eie wy­sie wat pas in sy kop ge­kom het. Dis nuut. Vars. Slim. Hy is on­mis­ken­baar ta­lent­vol.

Hier­die oom­blik saam met Chris sal ek nooit in my le­we ver­geet nie, want dit ver­per­soon­lik am­per al­les van hom vir my. Die mu­si­ka­le ge­nie wat al so­veel pry­se in­ge­palm het, te veel om te noem. Vir wie mu­siek so na­tuur­lik kom soos a­sem­haal vir ons an­der.

Die di­ver­se kuns­te­naar wat eens deel van Blue C­ha­me­le­on en Boo! was en toe net so om­ge­ska­kel het A­fri­kaans toe met Ing­rid Jon­ker en toe sy psalms en ge­san­ge.

Sy toon­set­ting van Jon­ker se ge­dig­te was a­vant-gar­de en steeds bly hy ver­nu­we. Sy jong­ste al­bum, Jy en ek en ek en jy, is so­wat drie maan­de ge­le­de uit­ge­reik, maar hy het dit so half stil­le­rig die lig laat sien.

“Ja, selfs my vrien­de dink ek was die laas­te tyd baie stil, maar dis nie reg­tig so nie. Dis net dat ek bui­te die damp­kring van die hoof­stroom­me­dia ver­keer het. Dit was nie werk­lik doel­be­wus nie.

“Ek is steeds baie be­sig. Ek doen 150 op­tre­des per jaar en ek toer jaar­liks vir ’n maand of twee oor­see. Van­jaar het ek net Ne­der­land toe ge­gaan, maar ek het 28 op­tre­des in twee maan­de ge­doen,” sê hy.

Die al­bum Jy en ek en ek en jy is sy eer­ste self­ge­kom­po­neer­de en -ge­skre­we al­bum se­dert 2009 se Kyk hoe lyk ons nou.

“Van­dat ek 40 ge­word het, gee ek nog­al nie meer so baie om wat men­se van my dink nie. Die eer­ste vier de­ka­des van my le­we was ek re­de­lik op­ge­skeep met men­se se sie­ning van my. Dees­dae is ek iet­wat ar­ge­loos – en voeg daar­by my ge­se­ën­de ma­te­ri­ë­le om­stan­dig­heid, dan weet jy hoe­kom ek nie meer hoef te ‘maak vir smaak’ nie,” sê hy.

“Die mu­siek wat ek dees­dae maak, is ’n be­ter weer­ga­we van waar ek my e­mo­si­o­neel be­vind.”

En waar be­vind hy hom e­mo­si­o­neel? Hy is nou 47 jaar oud.

“Wel, ek ver­keer al ’n ge­rui­me tyd op ’n plek waar ek lief is vir my­self. En ek het boon­op lief­de ge­vind vir ’n an­der per­soon ook en dit maak dit goed,” sê Chris.

Die an­der per­soon waar­na hy ver­wys, is Da­niel­la Dey­sel, die dig­ter saam met wie Chris in Ju­nie 2014 die al­bum Pos­duif op­ge­neem het. Chris was so in ver­voe­ring deur Da­niel­la en haar ge­dig­te dat hy be­sluit het om haar dig­kuns te toon­set. Hy het haar ook oor­tuig om saam met hom op die al­bum te sing – ’n eer­ste vir hul­le al­bei.

Da­niel­la het in­tus­sen van die Kaap hier­heen ver­huis en sy woon dees­dae saam met Chris daar in Fai­r­land.

Hy sê hy sal nie som­mer trou nie, want hy glo nie daar is ’n ver­drag wat op ’n ho­ër vlak is as die lief­de vir me­kaar nie.

“Ek was nie soe­kend toe Da­niel­la op my pad ge­kom het nie. Maar toe ek haar ge­vind het, het ek ge­weet sy is die een. Dis soos Wil­helm Con­rad R­önt­gen, wat ook nie eint­lik daar­op uit was om die X-straal te ont­dek nie, maar toe dit ge­beur, was dit won­der­lik.”

Hy ver­tel die sto­rie toe hy vyf jaar oud was en hy en sy ma en sus­sie met hul Volks­wa­gen Gor­dons­baai toe is om Kers­fees saam met die fa­mi­lie te gaan vier. Hy het daar op die stoep ge­staan met ’n sher­iff-uit­rus­ting en ’n hol­ster en ’n speel­goed­ge­weer. “Ek het klap­pers met die ge­weer ge­skiet en daar­die dag ver­klaar dat ek nooit sal trou of kin­ders sal hê nie,” lag hy. Hy praat ’n vol­maak­te, sui­wer A­fri­kaans. Sy stem is sag en rus­tig en soms word dit on­der­breek deur sy lag.

Hy is op ’n lek­ker plek, dis dui­de­lik. Soms raak hy baie fi­lo­so­fies, maar dan is hy weer skert­send en snaaks.

In ’n sta­di­um trek hy ook weg in Ne­der­lands en ’n mens sou sweer dis ’n vol­bloed kaas­kop wat voor jou sit, so goed is sy ak­sent.

Chris het voor­heen al sy lyf ak­teur ge­hou en ge­wys dat dit maar net nog een van sy ta­len­te is.

Wie sal hom ver­geet in die TV-reeks Son­kring? Ver­der het hy ook al ’n draai op 7de Laan ge­maak.

“Ak­teur­wees is iets waar­na ek deur­gaans kyk, maar dis nie baie prak­ties om so­wel to­neel te speel as om ’n san­ger te wees nie. Boon­op kry ak­teurs on­ge­luk­kig een tien­de van die ge­leent­he­de wat san­gers kry en dit op sig­self het ’n fi­nan­si­ë­le im­pli­ka­sie,” sê hy.

“Ja, ek weet ’n mens doen nie al­les vir geld nie, maar dit is ’n re­a­li­teit waar­aan ’n mens moet dink. Ak­teurs moet hul­le ge­du­rig aan ’n keu­ring­stel­sel on­der­werp en jy moet sit en be­del vir werk, ter­wyl dit baie mak­li­ker vir mu­si­kan­te is om werk­ge­leent­he­de te vind.”

Op sy sel­foon wys hy fo­to’s van hom en Da­niel­la saam: hier eet hul­le ont­byt, daar is hul­le saam in Knys­na om die brand­slag­of­fers te gaan help. Ie­wers staan hy selfs tus­sen ’n klomp bees­te op sy Vry­staat­se plaas na­by Ver­ky­kers­kop tus­sen Har­ri­smith en Me­mel.

Vir meer in­lig­ting, be­soek chris­cha­me­le­on.com of fa­ce­book.com/chris­cha­me­le­on. Twitter: @chris­cha­me­le­on.

Chris C­ha­me­le­on en sy mei­sie` Da­niel­la Dey­sel. Die ve­le kan­te van die ver­kleur­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.