Toe weet Sa­net: Hier­die Jock is mý­ne!

Beeld - - Vrydag - Jock Clas­sic.

Sa­net Coet­zee het die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag die Jock Clas­sic­pad­fiets­ren ge­wen – een van die moei­lik­ste een­dagren­ne in die land met ’n af­stand van 154 km en by­na 2 900 m ver­ti­ka­le klim. Sy be­ant­woord ’n paar van Teré­sa Coet­zee se vrae. Ver­tel ons van jou­self.

Ek is 33 jaar oud en bly in Fa­e­rie G­len in P­re­to­ria. Ek werk vol­tyds by ’n fiets-groot­han­de­laar, Om­ni­co. Die fiets­ry pro­beer ek maar in­pas so om die werk en dit maak dit soms moei­lik.

Ek is ge­troud met Da­na Coet­zee, ook ’n kra­ni­ge fiets­ry­er wat ook ge­reeld op die po­di­ums in sy ka­te­go­rie is. Ons het nog nie kin­ders nie. Dit help baie dat ons al twee so baie van fiets­ry hou, want na­we­ke en e­ni­ge ek­stra tyd word ge­woon­lik op die fiets span­deer.

Hoe lank ry jy nou al fiets?

Ek ry al ’n bie­tjie meer as tien jaar fiets. Dit is deel van my le­we soos tan­de bor­sel. Ek het groot­ge­word met ’n pa en boe­ties wat al­mal fiets­ry, so ek het ge­sien ek sal ook maar moet fiets trap.

Is dit die eer­ste keer dat jy die Jock ge­wen het?

Ja, dit is die eer­ste keer. Dit was my vier­de Jock waar­aan ek deel­ge­neem het en dit was nog al­tyd ’n droom om dit te wen. Die vo­ri­ge ja­re was ek vyf­de en ses­de.

Ver­tel ons so ’n bie­tjie van die

Die Jock is vir my baie spe­si­aal. Toe ek nog ’n klein dog­ter­tjie was, het my pa en broer dit al­tyd ge­ry en daar­die ja­re het hul­le nog ’n wil­de klim­ses­sie in Ba­ber­ton ge­had die dag ná die Jock. Die Jock is een van die moei­lik­ste pad­wed­ren­ne op die ka­len­der as ge­volg van al die bul­te en dis waar­om dit so ’n ge­sog­te ti­tel is. Die drie skof­te maak dit an­ders en har­der as an­der wed­ren­ne, want dis as­of jy drie wed­ren­ne op een dag ry.

Wat was jou stra­te­gie van­jaar?

Ons het baie goed voor­be­rei vir van­jaar se wed­ren, en ek het goed ge­weet wat my sterk­pun­te is en my plan was om dit tot my voor­deel te ge­bruik. Dit is al­tyd moei­lik om voor die tyd ’n vas­te plan uit te werk, maar ’n mens moet gaan met ’n ba­sie­se plan.

Ek het vroeg in die wed­ren ge­sien ek is ster­ker as die an­der vroue op die bul­te en het dit ge­bruik om op die ou end die wed­ren te wen.

Die laas­te skof was vir my baie spe­si­aal. Ek het weg­ge­breek op die Long Tom-pas en was eers ’n bie­tjie be­kom­merd dat dit te vroeg was om so ver al­leen te ry, maar ek het be­sluit ek kan dit doen.

Ek het 44 km stok­siel­al­leen ge­ry tot by die ein­de. Dit is al­tyd ’n ri­si­ko om ’n wed­ren te eindig op ’n na­el­loop, so om al­leen in te kom en die Jock te wen was reg­tig die ker­sie op die koek.

Hoe lyk jou oe­fen­pro­gram?

Ons ry om­trent el­ke dag fiets. Ons pro­gram en soort oe­fe­ning wat ons moet doen, sal af­hang van wat­ter wed­ren voor­lê. In die week oe­fen ons maar vroeg­og­gend en het nie baie tyd nie, so ons ge­bruik die na­we­ke vir lan­ger oe­fen­ses­sies. In my twin­ti­ger­ja­re kon ek da­rem lek­ker eet, net wat ek wil. Ek ry mos fiets en gaan dit mak­lik weer ver­brand.

Nou, in my der­tigs, oe­fen ek my dood en ruik net aan ’n sjo­ko­la­de, dan sê die skaal dit vir my. Vir die Jock was ek op ’n streng di­eet om ’n bie­tjie lig­ter te word – soos ons al­mal weet, wil jy nie ek­stra ge­wig saam­dra by die bul­te op nie. Won­der­lik en so dank­baar. ’n Mens het doel­wit­te en dro­me en mens bid al­tyd dat jou dro­me moet waar word, maar par­ty­maal werk die le­we nie so uit nie.

Ek het ge­gaan met die doel om te wen. Ek het ge­oe­fen om te wen. En die ab­so­lu­te ver­ge­noegd­heid ge­voel toe ek oor die lyn gaan en weet, yes, el­ke vroeg­og­gend-op­staan, el­ke har­de oe­fen­ses­sie, el­ke aand wat ek hon­ger gaan slaap het, was die moei­te werd.

Wat is jou guns­te­ling­aan­ha­ling?

Dis ’n cli­ché, maar ek glo nog­al daar­in: “W­hat doe­sn’t kill you ma­kes you stron­ger.”

Hoe het jy jou­self in die win­ter ge­mo­ti­veer om sog­gens op te staan en te gaan oe­fen?

My man was die groot mo­ti­veer­der. Hy het in die don­ker en koue op­ge­spring uit die bed, kof­fie en be­skuit ge­bring en ge­sê: “Kom ons moet gaan oe­fen.”

Wat is jou bes­te ge­hei­me om die win­ter te oor­leef?

Ek glo jy moet jou­self el­ke dag da­rem met iet­sie lek­kers be­derf, an­ders is dit da­rem te erg. So, in die aand ’n lek­ker be­ker chai­tee met ’n blok­kie Lindt­sjo­ko­la­de. Dan is ek weer reg vir koud kry en slaai­bla­re kou.

Wat­ter fiets ry jy?

Ek ry ’n Pi­na­rel­lo. Hy is se­ker al so vyf, ses jaar oud.

Ons na­der nou vrou­e­maand. Vir wat­ter vroue het jy baie re­spek?

Gunn-Ri­ta Dahle was nog al­tyd vir my ’n in­spi­ra­sie. Sy is al diep in haar 40’s met kin­ders en sy ry nog pro­fes­si­o­neel berg­fiets op wê­reld­be­ker­vlak. Dit wys net vir my hoe ons vroue ster­ker word soos ons ou­er word.

Ons vroue on­der­skat ons­self; ons is mis­kien die mooi­er, fy­ner ge­slag, maar ons is sterk en ons kan uit­hou.

Sa­net Coet­zee Is jy ver­sig­tig met wat jy eet? Hoe het jy Sa­ter­dag ge­voel toe jy ge­wen het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.