Ra­chel­tjie de Beer en kin­ders se swaar­kry

Beeld - - Kommentaar - Jo­han van Wyk

Die ver­haal van Ra­chel­tjie de Beer is glo ’n ver­sin­sel. Ver­baas dit e­nig­ie­mand? Al­les in die ge­skie­de­nis van die A­fri­ka­ner word mos dees­dae in twy­fel ge­trek. Maar dit traak my nie. Dit bly ’n mooi, held­haf­ti­ge sto­rie.

Wan­neer die oos­wind se maat in Eugè­ne Ma­rais se “Win­ter­nag” klink soos “die lied van ’n mei­sie in haar lief­de ver­laat” en die win­ter­wind in Jan F.E. Cel­liers se ge­dig “Die brand” die twye laat swenk en die tak­ke laat swaai, “dit is die win­ter­wind wat waai”, ver­tel ek met smaak vir my klein­kin­ders teen sla­pens­tyd hoe sy haar boe­tie in ’n sneeu­storm in ’n miers­hoop ver­steek en voor hom in die o­pe­ning gaan lê het om te ver­hoed dat hy ver­kluim.

Ek lieg ook som­mer by, ek mag mos, dis dan ’n fa­bel!

Maar da­rem nie wan­neer dit kom by die feit dat sy vol­gens oor­le­we­ring daar ge­sterf het nie.

Of soos groot­men­se die ver­skrik­king van die dood vir klein kin­der­tjies ver­sag:

“Lie­we Je­sus het haar kom haal.” In die hoop dat dit hul­le so lank moont­lik sal ver­skans teen wat Cal­vyn die ver­los­sing van hier­die “on­be­sten­di­ge, suk­ke­len­de, ver­derf­li­ke, bou­val­li­ge, ver­welk­li­ke, weg­kwy­nen­de tent­wo­ning” noem. Dit sal be­slis nie.

Maar dis wan­neer hul groot, on­skul­di­ge oë vol tra­ne word en die skoon­heid van Ra­chel­tjie de Beer se of­fer­vaar­di­ge daad my ook op­nuut aan­gryp. Niks ver­te­der my hart meer as ’n kind en ’n dier se pyn en swaar­kry nie.

In die warm snoe­sig­heid van e­lek­trie­se kom­ber­se en on­der­vloer­se ver­hit­ting ter­wyl Klaas Va­kie na­der staan, is die droe­wig­heid ge­luk­kig van kor­te duur. Min­der kort­ston­dig is my eie we­te dat baie kin­ders in Suid-A­fri­ka se skrik­wek­kend on­ge­ly­ke sa­me­le­wing nie so be­voor­reg is nie.

Dis aand ná aand ’n aan­klag wan­neer ek in my eie bed op ’n e­lek­trie­se kom­bers in­kruip. Hoe dit reg­ge­stel kan word, is ’n raai­sel waar­voor blyk­baar nie­mand ’n ant­woord het nie. Wat ek wel weet, is dat hier­die be­voor­reg­ting on­reg­ver­dig en on­vol­hou­baar is. Jy hoef nie ’n Ein­stein te wees om dit te be­sef nie.

Nie dat die ge­knel­de va­der­land ooit ’n lui­lek­ker­land van net melk en heu­ning vir wit men­se was nie. Weens die ge­mors wat die ANC van Suid-A­fri­ka ge­maak het nou nog min­der vir al­mal. Die ver­haal van Ra­chel­tjie de Beer se lief­des­daad, fa­bel of nie, is in ’n sin ook die ver­haal van wit men­se wat ook swaar­kry ge­ken het. Ons het nie al­tyd in die win­ter op e­lek­trie­se kom­ber­se ge­slaap nie. Laat staan nog by e­lek­trie­se lig­te.

Wan­neer Cal­vi­nia se lig­te-en­jin gaan staan het en die men­se wou weet wat fout is, het die En­gel­se e­lek­tri­si­ën, M­cG­re­gor, in sy ge­brek­ki­ge A­fri­kaans ge­sê: “Daar was a short ci­r­cuit in die waai­ers.” Nie­mand het ge­weet wat dit be­te­ken nie en maar weer ker­se aan­ge­steek.

Ek het dit ont­hou toe aan­ge­kon­dig is dat die men­se wat E­s­kom tot op die rand van ban­krot­skap be­stuur het bo­nus­se van mil­joe­ne ran­de gaan kry.

‘‘

Wat ek wel weet, is dat hier­die be­voor­reg­ting on­reg­ver­dig en on­vol­hou­baar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.