San­par­ke tree oor geld­fo­kus nie op

Beeld - - Kommentaar - An­dré

Ek ver­wys na “Re­ëls is vir die vo­ëls in wild­tuin” (20.07) oor men­se se ge­drag in die Kru­ger­wild­tuin, hoe hul­le uit voer­tuie klim, en­so­voorts. Ook dat die pla­sing van die oor­tre­dings van San­par­ke se web­werf ver­wy­der is.

Ons al­mal moet San­par­ke looi. Ons was laas Don­der­dag daar en dit was ver­al langs die Sa­bie­ri­vier af geen ple­sier nie.

Ons gaan ge­reeld. Die sui­de is nie ons guns­te­ling nie.

San­par­ke stel nie in be­wa­ring be­lang nie, net in geld, geld, geld. Dis hoe­kom hul­le en die on­be­voeg­de be­stuur­ders nie toe­sien dat streng teen oor­tre­ders op­ge­tree word nie. Hul­le wil die geld nie af­skrik nie, hul­le stel mos nie in be­wa­ring be­lang nie. Nog ’n eu­wel is die app La­test Sig­htings. Men­se lê ge­du­rig op die app om te ge­sels en te hoor waar leeus en­so­voorts is. Dit ver­oor­saak op­een­ho­pings en ’n ge­jaag, ook van die sa­fa­ri­voer­tuie, na die plek­ke toe. Ek het ’n tyd ge­le­de di­rek teen­oor Wil­li­am Ma­ba­sa van San­par­ke daar­oor ge­kla.

Dis ’n sa­me­drom­ming van on­be­skof­te men­se wat uit­haak en nie daar hoort nie. Die app is ’n eu­wel wat ver­bied moet word, maar weer stel San­par­ke net in geld be­lang.

Al­mal wil die leeus sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.