Ta­toe­ëer­mer­ke bring rug­by in on­eer

Beeld - - Kommentaar -

Wikus Louw, Drie Ri­vie­re

Dit gaan my ver­stand te bo­we dat se­ke­re rug­by­spe­lers prent­jies op hul vel te­ken. Dit ge­tuig van so ’n spe­ler se ge­brek aan re­spek vir sy lig­gaam, of ’n swak self­beeld. Hy pro­beer aan­dag soek op ’n on­aan­vaar­ba­re ma­nier. Ek is ’n fa­na­tie­se WPon­der­steu­ner, maar sal nooit so ’n gek van my­self maak om die di­sa, die be­ken­de WP-blom­me­tjie wat teen Ta­fel­berg groei, op my vel te ta­toe­ëer nie. Dit sal goed­koop en sleg­te smaak wees. Ek is oor­tuig daar­van dat spe­lers wat dit doen nie ge­noeg in­kleur­boe­ke en kryt op skool ge­had nie. Hul­le bring die won­der­li­ke sport, rug­by, in on­eer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.