Bok in die po­li­tie­ke leeu­kuil

T­han­do Ma­na­na is be­kend as ’n man wat nie stil­bly oor Suid­A­fri­ka se rug­by­pro­ble­me nie. Gert van der West­hui­zen het met hom oor rug­by en ’n boek oor sy le­we ge­sels.

Beeld - - Middelblad -

By­na 17 jaar ge­le­de het T­han­do Ma­na­na se rug­by­toe­koms blink ge­lyk. Hy het teen die ein­de van 2000 die 708ste S­pring­bok in Suid-A­fri­ka se rug­by­ge­skie­de­nis ge­word, slegs die der­de et­nie­se swart spe­ler (Black A­fri­can, soos trans­for­ma­sie­ter­me dit wil hê) tot nog toe.

Maar al­les het vin­nig ver­keerd ge­loop, net om­dat hy nie kon stil­bly oor din­ge wat vol­gens hom nie reg was nie. Hy het hom o­pen­lik ver­set teen die in­ly­wings­ri­tu­e­le van die S­pring­bok-span wat des­tyds on­der meer be­hels het dat spe­lers met ’n snoe­ker­stok ge­slaan word.

Sy loop­baan het vir al­le prak­tie­se doel­ein­des tot ’n ein­de ge­kom na­dat hy net drie keer in die Groen-en-Goud uit­ge­draf het en slegs ’n sei­soen se Su­per­rug­by vir die Bul­le ge­speel het.

“En daar gaan my toe­koms toe,” sug Ma­na­na as hy daar­oor ge­vra word. “En daar gaan my toe­koms toe,” her­haal hy sy stel­ling om sy punt be­hoor­lik te be­klem­toon.

Spyt was hy wel nog nooit nie. Hy het se­dert­dien el­ke moont­li­ke plat­form ge­bruik om hom oor die pro­ble­me in Suid-A­fri­kaan­se rug­by uit te laat. Die sta­di­ge pas van trans­for­ma­sie en die strui­kel­blok­ke wat swart spe­lers moet oor­kom as hul­le die boon­ste sport wil be­reik, was ui­ter­aard eer­ste op sy sa­ke­lys.

Ma­na­na het ’n re­pu­ta­sie ge­kry as ’n uit­ge­spro­ke man wat glad nie hui­wer om hei­li­ge S­pring­bok­ke te slag nie. Ma­na­na en sy mak­kers in die Room Di­vi­ders-span op Me­tro FM het Fi­ki­le M­ba­lu­la, vo­ri­ge mi­nis­ter van sport, so he­wig ont­stel dat hy glo selfs pro­beer het om hul­le van die lug af te hou.

En nou het hy sy le­wens­ver­haal ver­tel in ’n boek, Being a Black S­pring­bok, wat deur Si­bu­si­so M­ji­ke­li­so ge­skryf is. Daar­in is dit dui­de­lik dat T­han­do Ma­na­na nog lank nie klaar ge­praat het nie.

As dit ver­keerd is, is dit ver­keerd “Selfs al werk ek vir Sa­ru, sal ek aan­hou om ver­keer­de din­ge uit te wys. Ek sal dit doen waar ek ook al gaan; as iets ver­keerd is, is dit ver­keerd.

“Ek glo aan daai sto­rie van die leeu­kuil. Ek is in die leeu­kuil om ’n ver­skil te maak,” sê Ma­na­na waar ons in ’n kits­kos­plek na­by die Gautrein-sta­sie in Ro­se­bank ge­sels.

Ma­na­na het da­de­lik vir ’n hoek­ta­fel ge­mik waar hy met sy ste­wi­ge rug­by­spe­lers­lyf op ’n bank teen die muur kan sit eer­der as om in ’n klein stoel­tjie te pro­beer in­pas.

Hy lyk ge­mak­lik in ’n sweet­pak, veel­kleu­ri­ge tek­kies en ’n pet met ’n son­bril wat op die rand daar­van rus.

Dit is mak­lik om na hom te luis­ter. Sy stem word nie uit­ge­doof deur luid­rug­ti­ge ge­klets van an­der men­se of die on­luis­ter­ba­re mu­siek wat via luid­spre­kers deur die eet­plek weer­galm nie. Ma­na­na hou daar­van om jou reg­uit in die oë te kyk wan­neer hy praat en jou ge­reeld op die naam te noem.

Hy vat my kort-kort aan die arm of kap met sy hand op die vuil­wit ta­fel­blad om ’n stel­ling te be­klem­toon.

Soms raak hy drif­tig en her­in­ner hy jou weer aan die klip­har­de flank van by­kans twee de­ka­des ge­le­de wat ge­hou het van die fi­sie­ke sy van rug­by. Ma­na­na was nie ’n man vir tier­lan­tyn­tjies nie.

“Ek was eer­der die ou wat die geel­kaar­te ge­kry het en ge­reeld van die veld af moes gaan om­dat ek ge­bloei het. Ek was be­reid om te sterf vir e­ni­ge span waar­voor ek ge­speel het,” sê hy. V­rees­loos, dus. Nes die man wat dees­dae nie sy mond vir e­nig­ie­mand hou nie.

“Ek is nie in e­nig­ie­mand se diens nie. Ek het net ’n ge­voel dat my men­se my no­dig het en dat an­der men­se net na my moet luis­ter.

“Dit pla my nie as ek ge­kri­ti­seer word nie. As jy nie van kri­tiek hou nie, moet jy nie jou mond oop­maak nie. Men­se wat stil­bly, hou nie van kri­tiek nie.”

Ver­lief op rug­by

Oor rug­by kan hy een­vou­dig nie stil­bly nie om­dat hy so lief vir die spel is, sê Ma­na­na. Hy het eers in st. 9, toe hy 16 jaar oud was, be­gin rug­by speel.

“Eint­lik het ek nie be­gin rug­by speel nie. Ek het ver­lief ge­raak op rug­by. Dit is waar die pro­bleem lê,” spot hy.

“As jy op ’n vrou ver­lief raak, het jy geen waar­borg dat jy jou he­le le­we lank saam met haar sal wees nie. Maar ek het in 1995 op rug­by ver­lief ge­raak en is ná hoe­veel jaar steeds op rug­by ver­lief . . . eint­lik is ek van­dag lie­wer vir rug­by as ooit.”

Hy wil hê rug­by moet weer die spel word wat Nel­son Man­de­la ge­bruik het om Suid-A­fri­ka­ners te ver­e­nig.

Om dit reg te kry, glo hy, moet baie pro­ble­me op­ge­los word: die ge­brek aan swart spe­lers­a­gen­te, die min swart af­rig­ters op top­vlak, die ma­nier waar­op ta­lent­vol­le jong spe­lers vir die spel ver­lo­re gaan, die min seg­gen­skap wat klubs dees­dae in die be­stuur van rug­by het . . .

Dit is ook steeds moei­lik vir swart spe­lers om naam te maak; dik­wels moet hul­le ek­stra hard pro­beer om ’n af­rig­ter te be­ïn­druk. Ma­na­na glo swart ad­mi­nis­tra­teurs sien ook nie be­hoor­lik na die be­lan­ge van swart spe­lers en af­rig­ters om nie.

Hy noem as voor­beeld Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter en sy LO-on­der­wy­ser in st. 5 by die La­er­skool Gel­van Park in Port E­li­za­beth wat ge­reeld die lat ge­swaai het om Ma­na­na en sy on­nut­si­ge klas­maats in be­dwang te hou.

Ma­na­na is oor­tuig daar­van die aan­stel­ling van Ras­sie Eras­mus as di­rek­teur van rug­by plaas Coet­zee se pos as Bok-af­rig­ter in die ge­drang.

“Hy sal nou die heel­tyd oor sy skou­er loer en ’n mens kry die i­dee daar word net ge­wag vir hom om te mis­luk so­dat hy in die pad ge­steek kan word skaars twee jaar voor die vol­gen­de Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi.

“Dit is ook nie reg­ver­dig teen­oor Ras­sie nie. Die aan­kon­di­ging van Ras­sie se aan­stel­ling is soos ’n tyd­bom.

“Net die spe­lers in wie Al­lis­ter sy ver­troue stel, kan dit ont­lont met goeie ver­to­nings,” sê Ma­na­na oor die man wat ook die voor­woord vir sy boek ge­skryf het.

Oos­Ka­pe­naar in murg en been Die groot­ste do­ring in sy vlees is die lot van sy ge­lief­de Oos­te­li­ke Pro­vin­sie-Kings.

Ma­na­na neem die rug­by­ba­se kwa­lik vir al­les wat by die Kings ver­keerd ge­loop het: van die u­nie se ban­krot­skap tot die ma­nier waar­op die span uit die Su­per­reeks ge­skop is.

Hy sê hy sal al­les in sy ver­moë doen om die Oos-Kaap weer ’n rug­by­krag in Suid-A­fri­ka te maak. Hy is reeds by die OP be­trok­ke as keur­der en, wie weet, dalk wink ho­ër lou­e­re in die toe­koms.

Hoe­wel hy die mees­te van sy pro­vin­si­a­le rug­by vir G­rie­kwas ge­speel het en slegs in en­ke­le Vo­da­com­be­ker­wed­stry­de vir die OP uit­ge­draf het, lê die Oos-Kaap hom nog­tans baie na aan die hart.

Dit is im­mers sy groot­word­wê­reld en die ba­ker­mat van swart rug­by waar hy in die New B­rig­h­ton-towns­hip bui­te Port E­li­za­beth vir die eer­ste keer aan ’n rug­by­bal ge­vat het.

Die be­kend­stel­ling van sy boek in Port E­li­za­beth, sy tuis­stad, is goed by­ge­woon en ter­wyl ons praat, wys hy my ge­reeld op een van sy twee sel­fo­ne bood­skap­pe van ge­luk­wen­se uit dié deel van die wê­reld.

Die boek ver­tel nie net van die vuur­vre­ter wat T­han­do Ma­na­na soms kan wees nie, maar ook van ’n towns­hip-laai­tie wat son­der ’n pa by die ge­sin van skool­vrien­de groot­ge­word het en heel­wat strui­kel­blok­ke moes oor­kom om S­pring­bok te word.

Dit is op­val­lend dat hy die van van sy ma, K­hat­ha­la (K­ha­thie) Ma­na­na, en nie dié van sy pa, Ma­won­ga (Ban­kie) Hoyi, ge­bruik nie. Vol­gens Ma­na­na was sy pa ’n “af­we­si­ge va­der” en het hul­le maar eers re­de­lik on­langs weer pro­beer om hul ver­hou­ding te her­stel.

Dit het hom ge­leer om so­veel moont­lik van sy tyd saam met sy ne­ge­ja­ri­ge dog­ter, T­han­dol­wet­hu, deur te bring, hoe­wel sy paaie met dié van haar ma ge­skei het.

“Ek wou van die be­gin af vir haar ’n pa wees,” sê Ma­na­na, wat van­jaar 39 jaar oud word. “Ek wou nie eers deel van haar le­we word wan­neer sy 16 of 18 jaar oud is nie.”

Sy stem­toon ver­an­der merk­baar as hy oor T­han­dol­wet­hu praat. Jy kom ag­ter dat sy die an­der groot lief­de van sy le­we is en dat hy ook se­ker wil maak sy kry ge­leent­he­de wat hy nie ge­had het nie.

Dit is be­lang­rik om ge­leent­he­de te skep, skryf Ma­na­na voor in my boek. Die min ge­leent­he­de wat na sy kant toe ge­kom het, het hy aan­ge­gryp. Dit het hom uit­ein­de­lik ge­help om ’n S­pring­bok te word.

“Men­se kan maar sê ek was ’n kwo­ta­spe­ler,” sê Ma­na­na. “Hul­le kan maar skim­pe daar­oor rond­gooi. Hul­le moet dit net nie voor my doen nie.

“Ek is baie, baie trots daar­op dat ek die S­pring­bok-trui kon dra,” sê Ma­na­na. Hy weet ook sy naam sal vir e­wig in Suid-A­fri­ka se rug­by-an­na­le aan­ge­te­ken staan as S­pring­bok nr. 708.

En dat nie­mand dit ooit van hom kan weg­neem nie.

‘‘

Selfs al werk ek vir Sa­ru, sal ek aan­hou om ver­keer­de din­ge uit te wys. Ek sal dit doen waar ek ook al gaan; as iets ver­keerd is, is dit ver­keerd. Ek glo aan daai sto­rie van die leeu­kuil. Ek is in die leeu­kuil om ’n ver­skil te maak.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

T­han­do Ma­na­na glo swart rug­by­spe­lers moet steeds baie strui­kel­blok­ke oor­kom om naam te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.