Goeie Nuus

Dís wat ne­de­rig­heid is

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

C.S. Le­wis se be­skry­wing van ne­de­rig­heid is in die kol: “Hu­mi­li­ty is not thin­king less of your­self; it is thin­king of your­self less.” Of­te­wel: Ne­de­rig­heid is nie om min­der van jou­self te dink nie, maar om min­der aan jou­self te dink.

Ne­de­rig­heid is nie ’n jel­lie­vis-leef­styl waar jy geen o­pi­nie van jou eie meer het nie. Dit is nie om al­mal se tram­po­lien te wees op wie hul­le kan s­pring en trap nie.

Ne­de­rig­heid is om op te kyk na God en na an­der men­se. Pau­lus skryf in Fil. 2:5 dat ons an­der men­se al­tyd moet ho­ër ag as ons­self.

Ne­de­rig­heid maak dat ons weg­kyk en op­kyk.

En dat ons be­reid is om diens­kneg­kle­re aan te trek om an­der te dien.

Hul las­te kry graag ’n rus­plek op ons skou­ers. Hul nood word deur ons aan­ge­pak.

Ons ver­geet ons­self ter­wyl ons an­der raak­sien en na hul­le om­sien.

Ons stel ons­self t­wee­de ter­wyl ons be­ter plek­ke in die le­we se ry af­staan aan me­kaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.