Moe­nie te gou vreug­de­vu­re oor ren­te aan­steek

Groei van e­ko­no­mie af­waarts aan­ge­pas

Beeld - - Middelblad - Niel Jou­bert

Ver­brui­kers sal in die al­ge­meen die ver­la­ging van die ren­te­koers ver­wel­kom, maar die vreug­de­vu­re kan dalk nie vir lank brand nie.

Die bood­skap van die Re­ser­we­bank oor die swak e­ko­no­mie­se groei is ook ’n wek­roep vir die land, meen ken­ners.

Die Re­ser­we­bank het gis­ter ver­ras deur die re­po­koers met 25 ba­sis­pun­te tot 6,75% te verlaag.

Da­vid Cro­soer, hoof van na­vor­sing en be­leg­gings by PPS In­ves­t­ments, sê ver­brui­kers moe­nie te op­ti­mis­ties wees dat die si­klus van ren­te­koers­ver­ho­gings ver­by is nie, want die ge­leent­heid vir ver­de­re koers­ver­la­gings sal hom dalk nie gou weer voor­doen nie.

Cro­soer sê die ver­be­ter­de in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­mie­se om­ge­wing het die plaas­li­ke in­fla­sie­voor­uit­sig­te ge­help, maar die po­li­tie­ke on­se­ker­heid in SuidA­fri­ka word weer­spie­ël in die Re­ser­we­bank se ver­la­ging van sy groei­voor­uit­sig­te.

Die bank het sy groei­ver­wag­tin­ge vir 2017 af­waarts na 0,5% aan­ge­pas.

Die swak e­ko­no­mie­se groei is in teen­stel­ling met die in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­mie­se om­ge­wing, wat Cro­soer sê in die al­ge­meen ont­lui­ken­de lan­de en hul geld­een­he­de on­der­steun het.

“As hier­die on­der­steu­nen­de in­ter­na­si­o­na­le om­ge­wing ver­an­der, kan Suid-A­fri­ka bloot­ge­stel wees aan ’n swak­ker geld­een­heid en swak­ker in­fla­sie­voor­uit­sig­te, en ’n veel meer valk­ag­ti­ge (en dus ge­neig om nie ren­te­koer­se te verlaag nie) Re­ser­we­bank.”

Lesetja Kganyago, Re­ser­we­bank-pre­si­dent, waar­sku dat die Re­ser­we­bank “nie sal hui­wer om hier­die be­sluit (om ren­te­koer­se te verlaag) om te draai nie as die in­fla­sie­voor­uit­sig­te en ri­si­ko’s ver­sleg”.

Vol­gens Si­z­we Nxed­la­na, hoof­e­ko­noom van FNB, sal die ren­te­koers­ver­la­ging waar­skyn­lik nie ’n we­sen­li­ke im­pak hê op e­ko­no­mie­se groei nie, maar sal dit ma­ti­ge ver­lig­ting bied vir suk­ke­len­de ver­brui­kers.

Nxed­la­na sê die be­sluit dui daar­op dat die Re­ser­we­bank min­der be­kom­merd is oor lang­ter­mynin­fla­sie. In­dien daar geen skok­ke is nie, kan dit waar­skyn­lik lei tot ver­de­re ver­slap­ping in mo­ne­tê­re be­leid, dus ren­te­koers­ver­la­gings.

Ren­te­koers­ver­la­gings gaan wel in die hui­di­ge si­klus nie so­veel soos in vo­ri­ge si­klus­se wees nie, sê hy.

Prof. Ray­mond Par­sons van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se sa­ke­skool sê die “ver­ras­sen­de, maar wel­ko­me” be­sluit be­klem­toon die Re­ser­we­bank se kom­mer oor die voor­uit­sig­te vir e­ko­no­mie­se groei in SuidA­fri­ka.

Hy sê die hal­ve­ring van die groei­voor­uit­sig­te bring dit in oor­een­stem­ming met me­ni­ge e­ko­noom in die pri­va­te sek­tor se ver­wag­tin­ge.

Dit is ’n ont­nug­te­ren­de bood­skap en moet erns­tig op­ge­neem word, sê Par­sons.

“Mo­ne­tê­re be­leid kan geen on­der­lig­gen­de op­los­sings bied nie. Suid-A­fri­ka moet in­der­daad na an­der re­le­van­te be­leid kyk om die e­ko­no­mie vo­ren­toe te neem,” sê Par­sons.

“Die mo­ne­tê­re­be­leids­ko­mi­tee se ont­le­ding on­der­streep ook dat dit nood­saak­lik bly vir Suid-A­fri­ka om drin­gend struk­tu­re­le her­vor­mings in te stel wat dui­de­lik en sa­me­han­gend is, wat se­ker­heid skep, ver­troue bou en op groei fo­kus. Dit is die e­nig­ste ma­nier waar­op Suid-A­fri­ka kan hoop om uit sy ‘la­e­groei­gat’ te breek,” sê hy.

‘‘

Die Re­ser­we­bank sal nie hui­wer om hier­die be­sluit om te keer nie sou in­fla­sie se voor­uit­sig­te ver­sleg.

— LESETJA KGANYAGO, PRE­SI­DENT VAN DIE RE­SER­WE­BANK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.