Z­wa­ne se plan met li­sen­sies ‘on­wet­tig’

Beeld - - Middelblad - Niel Jou­bert

Na­dat ’n ty­de­li­ke skiet­stil­stand tus­sen die myn­be­dryf en die re­ge­ring be­reik is, het Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, nóg ’n skoot af­ge­vuur.

Z­wa­ne het eer­gis­ter ’n ken­nis­ge­wing in die S­taats­koe­rant ge­pu­bli­seer dat hy van plan is om ’n mo­ra­to­ri­um op die uit­rei­king en her­nu­wing van myn- en pro­spek­teer­li­sen­sies te plaas.

Die Ka­mer van Myn­we­se sê eg­ter dit is on­wet­tig.

Die ka­mer sê regs­ad­vies wat hy hier­oor ge­kry het, is dat dit om ver­skeie re­des on­wet­tig is, on­der meer weens die ska­de­li­ke im­pak wat dit op die myn­be­dryf sal hê.

Hy tree ook ul­tra vi­res of bui­te sy mag­te op, sê die ka­mer. Hy vra dat Z­wa­ne die ken­nis­ge­wing te­rug­trek. In­dien nie, sal hy ’n drin­gen­de in­ter­dik aan­vra om dit ter­sy­de te laat stel.

Dit volg na­dat Z­wa­ne ver­le­de week bes ge­gee het met die om­stre­de nu­we Myn­bou­hand­ves en in­ge­stem het om dit nie in wer­king te stel tot­dat ’n hof­pro­ses daar­oor af­ge­han­del is nie. Die ka­mer het dus sy drin­gen­de in­ter­dik teen die in­wer­king­stel­ling te­rug­ge­trek. Hy gaan eg­ter steeds voort met die hof­saak oor die hand­ves self.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van Z­wa­ne sal ’n mo­ra­to­ri­um ver­se­ker dat e­ni­ge aan­soe­ke vir li­sen­sies vol­tooi word in­ge­vol­ge die nu­we hand­ves en die re­ge­ring se so­sio-e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie­doel­wit­te be­vor­der.

James Lorimer, DA-LP, sê Z­wa­ne se ken­nis­ge­wing wys

‘‘

Die mi­nis­ter se stap sal die groei van die myn­be­dryf na­de­lig raak. Dit is skok­kend dat op ’n tyd­stip dat Suid­A­fri­ka al­les moet doen om be­leg­gers te lok, Z­wa­ne ak­tief be­sig is om hul­le weg te jaag

— JAMES LORIMER, DA­LP

dat die ANC geen myn­be­dry­wig­he­de wil hê nie, ten­sy die­ge­ne met po­li­tie­ke kon­nek­sies be­voor­deel word.

Lorimer sê die hand­ves is in ’n “ge­mors”. Die DA het ver­soek dat dit her­skryf word, met vol­le kon­sul­ta­sie van al­le rol­spe­lers.

Dit be­te­ken eg­ter nie die uit­rei­king van nu­we myn­li­sen­sies moet ge­stop word nie, sê hy.

“Die mi­nis­ter se stap sal die groei van die myn­be­dryf na­de­lig raak. Dit is skok­kend dat op ’n tyd­stip dat SuidA­fri­ka al­les moet doen om be­leg­gers te lok, Z­wa­ne ak­tief be­sig is om hul­le weg te jaag,” sê Lorimer.

“Die mo­ra­to­ri­um sal nie net klein on­der­ne­mings in die myn­be­dryf die hard­ste tref nie, maar ook nu­we toe­tre­ders tot die mark ver­hin­der. Dit sal werk­skep­ping be­na­deel om­dat die myn­be­dryf nie kan groei on­der sul­ke om­stan­dig­he­de nie.”

Mo­se­ben­zi Z­wa­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.