Kos­in­fla­sie bly op 6,9% om­dat vleis so duur is

Beeld - - Middelblad -

Dis al­les vleis se skuld.

V­leis­pry­se wat steeds skerp styg dra die mees­te by tot kos­in­fla­sie, wat in Ju­nie op 6,9% ge­bly het, sê Wan­di­le Sihlo­bo, e­ko­noom van die land­bou­sa­ke­or­ga­ni­sa­sie Ag­biz.

Die prys­groei in al die an­der voed­sel­ka­te­go­rieë het teen­oor Mei ver­lang­saam.

Die vol­ge­houe sterk sty­ging in v­leis­pry­se weer­spie­ël vol­gens Sihlo­bo die voort­sle­pen­de ge­vol­ge van die droog­te van 2015 en 2016 in die vee­pro­du­se­ren­de ge­bie­de. Na­ma­te boe­re hul kud­des weer pro­beer op­bou, word ef­fe min­der die­re ge­slag.

V­leis­pry­se dra ’n ge­wig van 5,46% in die ver­brui­kers­prys­in­deks se mand­jie van goe­de­re en vorm 32% van die kos­in­fla­sie­mand­jie.

In Mei het boe­re 202 886 stuks vee laat slag, wat 5% meer was as in A­pril, sê Sihlo­bo. As dié ten­dens voort­duur, kan vleis­prys­in­fla­sie met­ter­tyd ver­lang­saam.

Die uit­bre­king van vo­ël­griep bly eg­ter ’n ri­si­ko op kort tot mid­del­ter­myn, waar­sku Sihlo­bo. Hoen­der­vleis­pry­se be­dra 14% van kos­prys­in­fla­sie.

Dank­sy die goeie her­stel in land­bou­pro­duk­sie het prys­sty­gings vir graan­, sui­wel­ en groen­te­pro­duk­te ver­lang­saam. Groen­te­pro­duk­sie her­stel ook.

Sa­nisha Packi­ri­sa­my en Her­man van Pa­pen­dorp, on­der­skei­de­lik e­ko­noom en hoof van ba­te­toe­wy­sing van Mo­men­tum, sê die gro­ter in­ter­na­si­o­na­le graan­voor­raad be­hoort graan­pry­se laag te hou. Guns­ti­ge weer in A­me­ri­ka dui ook op goeie graan­pro­duk­sie daar.

Hul­le wys ook op nuus van die Aus­tra­lie­se bu­ro vir me­te­o­ro­lo­gie dat hul mo­del­le vir die t­wee­de helf­te van die jaar op neu­tra­le El Niño­toe­stan­de dui.

Die El Niño­weer­pa­troon word ge­as­so­si­eer met warm en droë toe­stan­de in Suid­A­fri­ka en 2015 en 2016 se droog­te is ook daar­aan toe­ge­skryf. – Fran­cois Wil­li­ams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.