2,3 m. kli­ën­te in 3 maan­de

Beeld - - Sakenuus Sakejse - Nel­lie Brand­Jon­ker

Vo­da­com het in die kwar­taal tot ein­de Ju­nie 2,3 mil­joen kli­ën­te in Suid-A­fri­ka by­ge­kry.

Dit is 6% meer as in die vo­ri­ge kwar­taal.

S­ha­meel Joosub, uit­voe­ren­de hoof van Vo­da­com, sê die groep het sy ste­wi­ge ver­to­ning van die boek­jaar tot ein­de Maart in die eer­ste kwar­taal van sy nu­we boek­jaar voort­ge­sit.

Ver­ge­le­ke met die eer­ste kwar­taal van die vo­ri­ge boek­jaar het sy ge­tal kli­ën­te met 12% (of­te­wel 4,2 mil­joen) tot 39,4 mil­joen toe­ge­neem.

Joosub skryf die groei aan prys­ver­la­gings vir da­ta en op­roe­pe toe.

Vol­gens hom het die kos­te van da­ta by Vo­da­com in die kwar­taal met am­per 19% ge­daal. Dit is die prak­tie­se kos­te per me­ga­greep wat ver­koop is.

Die kos­te van op­roe­pe is 9% la­er. Vo­da­com het ’n prys­stra­te­gie om be­ter waar­de vir kli­ën­te in Suid-A­fri­ka te gee, sê hy.

“Ons is daar­toe ver­bind om kom­mu­ni­ka­sie­kos­te in Suid-A­fri­ka te verlaag.

“Daar is eg­ter nog werk om te doen,” er­ken hy.

Vol­gens hom gaan Vo­da­com van­jaar die kos­te van da­ta bui­te die bon­del ver­be­ter.

In die an­der lan­de waar hy be­dry­wig is, het hy 280 000 kli­ën­te in die kwar­taal by­ge­kry. Dit is groei van 0,9%.

Oor die jaar het sy ge­tal kli­ën­te met 3,2 mil­joen of 12% tot 29,9 mil­joen toe­ge­neem.

Die groep se in­kom­ste het in die kwar­taal tot ein­de Ju­nie met 3,9% tot R20,7 mil­jard ge­styg ver­ge­le­ke met die oor­een­stem­men­de tyd ’n jaar ge­le­de.

Uit­ge­sluit die im­pak van die wis­sel­koers­ver­an­de­rin­ge tus­sen die rand en die geld­een­he­de van die an­der lan­de waar hy be­dry­wig is, het Vo­da­com se in­kom­ste met 7,7% ge­styg.

In Suid-A­fri­ka het sy in­kom­ste­groei tot 7,8%ver­snel. Die in­kom­ste het op R16,6 mil­jard te staan ge­kom.

Vol­gens Joosub het Vo­da­com 29% meer slim­fo­ne ver­koop.

Hy sê die groei wys hoe suk­ses­vol Vo­da­com se stra­te­gie is om meer toe­stel­le te ver­koop waar­op da­ta ge­bruik kan word.

Slim­fo­ne maak nou 57% uit van al­le toe­stel­le wat Vo­da­com in Suid-A­fri­ka ver­koop.

Die in­kom­ste uit diens­te in Suid-A­fri­ka het teen 5,6% tot R13 mil­jard ge­styg.

“Die pres­ta­sie is on­der­steun deur die voort­ge­set­te groei in ons kli­ën­te­tal en die sterk vraag na da­ta.”

Sy in­kom­ste uit da­ta het met 18% tot R5,54 mil­jard ver­be­ter en dra nou 42% van sy in­kom­ste uit diens­te by.

Die in­kom­ste uit op­roe­pe het eg­ter met 4,2% tot R5,53 mil­jard ge­daal.

Dit be­te­ken in die kwar­taal het die in­kom­ste uit da­ta die in­kom­ste uit op­roe­pe ver­by­ge­steek.

In die eer­ste kwar­taal van die vo­ri­ge boek­jaar het sy op­roe­pe R5,7 mil­jard in­ge­bring en da­ta R4,6 mil­jard.

Vol­gens Joosub is daar nou 16,6 mil­joen slim­toe­stel­le wat by Vo­da­com se net­werk in­ge­ska­kel is, 18% meer as ’n jaar ge­le­de.

Die ge­mid­del­de da­ta­ver­bruik per maand het tot 734 MB ver­hoog.

‘‘

In die kwar­taal het Vo­da­com se in­kom­ste uit da­ta sy in­kom­ste uit op­roe­pe ver­by­ge­steek.

Fo­to: REU­TERS

Win­kel­gan­gers loop ver­by ’n Vo­da­com­win­kel in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.