K­re­die­tre­gu­leer­der vat ’n t­wee­de ver­pand­jou­mo­tor­ske­ma vas

Beeld - - Sakenuus Sakejse - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der (NKR) het nog ’n on­der­ne­ming vas­ge­vat wat geld aan men­se leen wat hul voer­tuie as se­ku­ri­teit aan­bied.

Die NKR sê Sun Fi­nan­ce South A­fri­ca sal na die Na­si­o­na­le Ver­brui­ker­s­tri­bu­naal ver­wys word.

Die tri­bu­naal het in Mei ook uit­spraak teen nog so ’n on­der­ne­ming, Al­lied

Ca­pi­tal, ge­le­wer. Hy het geld aan men­se ge­leen as dié hul voer­tuig aan hom ver­pand het.

Die tri­bu­naal het be­vind dit is ’n on­wet­ti­ge ske­ma.

Geld wat men­se daar­voor be­taal het, moet aan hul­le te­rug­ge­gee word en so ook die voer­tuie waar­op be­slag ge­lê is.

Ja­c­que­li­ne Pe­ters, be­stuur­der van on­der­soe­ke en wets­toe­pas­sing van die NKR, waar­sku men­se in ’n ver­kla­ring teen sul­ke ver­pand­ske­mas.

Pe­ters sê die NKR het be­vind die voor­waar­des van die oor­een­koms wat Sun Fi­nan­ce met men­se aan­gaan om hul mo­tors te ver­pand ten ein­de ’n le­ning te kry, oor­tree die Na­si­o­na­le K­re­diet­wet.

Men­se kan hul voer­tuig ver­loor as hul­le nie die le­ning kan te­rug­be­taal nie.

Vol­gens haar gaan die NKR ver­der on­der­soek doen na sul­ke on­der­ne­mings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.