Taks­par­ty­tjie ver­by vir dié van SA wat in bui­te­land werk

Beeld - - Sakenuus - Fran­cois Wil­li­ams

Suid-A­fri­ka­ners wat ná 1 Maart 2019 vir lan­ger as 183 dae per jaar in die bui­te­land werk, sal nie meer be­las­ting kan vry­spring nie.

’n Wy­si­ging aan hoe SuidA­fri­ka­ners wat oor­see werk be­las word, is een van die voor­stel­le in die kon­sep­wy­si­gings­wets­ont­werp oor be­las­ting­wet­te wat die na­si­o­na­le te­sou­rie dié week vir o­pen­ba­re kom­men­taar be­kend ge­maak het. Dit is om die be­las­ting­voor­stel­le wat Pra­vin Gord­han, vo­ri­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, in Fe­bru­a­rie aan­ge­kon­dig het van krag te maak.

Jer­ry Bo­tha, be­stu­ren­de ven­noot van Tax Con­sulting, ver­dui­de­lik bui­te­land­se in­kom­ste van Suid-A­fri­kaan­se werk­ne­mers sal dus ten vol­le be­las­baar wees en die e­nig­ste ver­lig­ting wat ge­ëis kan word, is in die vorm van ’n be­las­ting­kre­diet vir be­las­ting wat reeds in die bui­te­land­se ju­ris­dik- sie be­taal is. ’n Werk­ne­mer wat by­voor­beeld in die 45%-be­las­ting­kerf val en in die bui­te­land­se ju­ris­dik­sie teen ’n koers van 25% be­las word, sal steeds die oor­bly­wen­de 20% aan die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens moet af­staan.

Ter­ti­us Troost, be­las­ting­kon­sul­tant by Ma­zars, sê die wy­si­ging sal die mees­te Suid-A­fri­kaan­se be­las­ting­be­ta­lers raak wat ty­de­lik oor­see werk en sal ver­al men­se raak wat geld ver­dien in lan­de met ’n baie lae of ’n nul­be­las­ting­koers.

“Dit was ’n om­stre­de kwes­sie se­dert dit vroe­ër van­jaar aan­ge­kon­dig is. Dit sal by­voor­beeld werk­ne­mers raak wat ge­se­kon­deer word om vir ses maan­de per jaar oor­see te gaan werk,” sê Troost.

Tans hoef Suid-A­fri­kaan­se in­wo­ners wat vir meer as 183 dae per jaar in die bui­te­land werk nie be­las­ting in SuidA­fri­ka te be­taal op die in­kom­ste wat hul­le in die bui­te­land ver­dien nie.

Die te­sou­rie het voor­ge­stel dat die wy­si­ging op 1 Maart 2019 in wer­king tree.

Bo­tha meen een al­ter­na­tief vir Suid-A­fri­ka­ners wat oor­see werk, is om te e­mi­greer. ’n An­der op­sie is om ’n be­las­ting­ver­drag-ver­blyf in die an­der land te pro­beer ves­tig, hoe­wel dit ’n baie in­ge­wik­kel­de pro­ses kan wees om daar­voor aan­soek te doen.

Bo­tha sê som­mi­ge Suid-A­fri­ka­ners wat oor­see werk, skat dis dalk goed­ko­per om bloot te­rug te kom huis toe, ver­al in die lig van die ho­ër le­wens­kos­te oor­see.

Die vol­le­di­ge wets­wy­si­gings is op die te­sou­rie se web­werf te le­se by www.tre­a­su­ry.gov.za. Kom­men­taar kan teen 18 Au­gus­tus ge­stuur word aan Nom­ba­sa Lan­ge­ni by Nom­ba­sa.Lan­ge­ni@tre­a­su­ry.gov.za en A­de­le Col­lins by a­col­lins@sars.gov.za.

Ter­ti­us Troost, be­las­ting­kon­sul­tant by Ma­zars.

Jer­ry Bo­tha, be­stu­ren­de ven­noot by Tax Con­sulting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.