San­lam be­lê in dro­ë­vrug­te

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

San­lam Pri­va­te E­kwi­teit

(SPE) het ’n be­lang van 60% in die dro­ë­vrug­te- en neut­ver­wer­kings­on­der­ne­ming JAB Dro­ë­vrug­te­pro­duk­te ver­kry.

JAB Dro­ë­vrug­te­pro­duk­te is in 1979 in Nel­spruit, M­pu­ma­lan­ga, deur die Bar­nard­fa­mi­lie ge­stig en het se­dert­dien ge­groei tot ’n be­dui­den­de ver­wer­ker en be­mar­ker van ge­droog­de vrug­te en neu­te, plaas­lik so­wel as in die bui­te­land.

Al­ton So­lo­mons, uit­voe­ren­de hoof van SPE, sê hul­le wil die on­der­ne­ming by­staan om te groei en uit te brei na nu­we mark­te.

“Ons sien daar­na uit om hier­die 38 jaar oue fa­mi­lie­on­der­ne­ming te help om sy stra­te­gie­se doel­stel­lings te be­reik.”

SPE ver­kry be­he­ren­de of be­dui­den­de min­der­heids­be­lan­ge in kon­tant­ge­ne­re­ren­de on­der­ne­mings en werk ak­tief met die be­stuur saam om die on­der­ne­mings se pres­ta­sie te ver­be­ter.

SPE is in 1996 be­gin en is ’n af­de­ling van San­lam Be­leg­gings­be­stuur.

Een van die pro­duk­te wat JAB ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.