MiWay woe­dend oor ‘vals bob­be­jaan­e­pos’

Beeld - - Sakenuus - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Die kort­ter­myn­ver­se­ke­raar MiWay is woe­dend oor ’n e­pos waar­in ’n werk­ne­mer na be­we­ring na swart men­se as bob­be­ja­ne ver­wys wat uit­ge­buit kan word.

René Ot­to, uit­voe­ren­de hoof van MiWay, sê die e­pos is vals. Dit is glo ge­skep deur ’n on­te­vre­de kli­ënt wie se eis ge­wei­er is.

Lui­dens die “e­pos” het die maat­skap­py be­sluit om 90% van swart men­se se ei­se te wei­er. “Hul­le is ’n mak­li­ke tei­ken. Dis ook ’n goeie ge­leent­heid om geld te be­spaar en hier­die swart bob­be­ja­ne te straf,” lui die bood­skap.

Ot­to sê die on­te­vre­de kli­ënt het die e­pos wat MiWay aan hom ge­stuur het om meer in­lig­ting te vra, ge­bruik om ’n vals e­pos te skep met die naam van die MiWay­werk­ne­mer wat e­pos aan hom ge­stuur het. Die kli­ënt ver­sprei nou ’n skermgreep van dié vals e­pos in so­si­a­le me­dia.

“’n Drin­gen­de on­der­soek is van sta­pel ge­stuur en ons kan be­ves­tig dat die e­pos met die in­houd nooit van ’n MiWay­werk­ne­mer ge­stuur is nie.

“Daar was geen so ’n ver­ga­de­ring of be­sluit nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.