Huis met see­uit­sig haal R8,7 m.

Beeld - - Veilings -

’n Eks­klu­sie­we huis met ’n see­uit­sig in Umhlan­ga aan die noord­kus van K­waZu­lu-Na­tal is on­langs vir R8,7 mil­joen deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op ’n vei­ling ver­koop.

C­li­ve La­za­rus, hoof­af­sla­er van PVA, sê dit strook met die ver­wag­ting om­dat Umhlan­ga toe­ne­mend ge­sog is on­der huis­ko­pers in die luuk­se en su­per­luuk­se mark. “Ons het ver­wag dat die huis ’n aan­trek­li­ke prys sal haal in oor­een­stem­ming met die op­swaai in die ver­ko­pe van luuk­se ei­en­dom­me in die ge­bied.”

Hy sê tal­le on­der­ne­mings skuif tans van sen­traal-Durban na Umhlan­ga, wat op sterk e­ko­no­mie­se ver­troue in die ge­bied dui. Umhlan­ga is na­by aan stran­de, goeie win­kel­sen­trums, sko­le, hos­pi­ta­le en die King S­ha­kain­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we.

Die ruim dub­bel­ver­die­ping­huis spog met ses slaap­ka­mers, vyf bad­ka­mers, ’n groot in­gangs­por­taal, ont­vangs­a­re­as, ’n oop­plan­kom­buis met ’n op­was­ka­mer, ’n stu­deer­ka­mer, drie mo­tor­hui­se en huis­wer­ker­ver­blyf.

La­za­rus sê huis­ver­ko­pers kies vei­lings as ver­koops­plat­form om­dat die pro­ses vin­nig is son­der lang­sa­me on­der­han­de­lin­ge. “So­dra die ha­mer ge­val het, is die tran­sak­sie be­klink.”

Vir vei­lings­ver­wan­te in­lig­ting, bel Park Vil­la­ge Aucti­ons by 011 789 4375 of be­soek www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za.

Dié luuk­se huis in Umhlan­ga met ’n see­uit­sig is on­langs vir R8,7 mil­joen deur Park Vil­la­ge Aucti­ons op­ge­veil.

Die ruim bin­ne­kant van die huis in Umhlan­ga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.