Vi­vien Leigh se be­sit­tings te kry

250 lot­te sluit kle­re, e­fe­me­ra en ju­we­le in

Beeld - - Veilings - Fo­to’s: SOTHEBY’S

Die be­sit­tings van die sil­wer­doek­le­gen­de Vi­vien Leigh (1913-1967), be­kend vir haar rol as die vu­ri­ge S­car­lett O’Ha­ra in die rol­prent Go­ne with the Wind, gaan in Lon­den op­ge­veil word.

Die vei­ling van Leigh se kle­re, ju­we­liers­wa­re en e­fe­me­ra word op 26 Sep­tem­ber, 50 jaar ná haar dood, deur Sotheby’s in Lon­den ge­hou.

Dié ver­sa­me­ling wat van haar fa­mi­lie af­koms­tig is, sluit in i­tems uit al­le as­pek­te van haar le­we, ook die 20 jaar wat sy saam met sir Lau­ren­ce O­li­vier, haar man en haar groot lief­de, ge­deel het.

Al­te­sa­me 250 lot­te gaan on­der die ha­mer kom met voor­vei­lings­pry­se van tus­sen £100 en £100 000.

Leigh was ver­sot op ju­we­liers­wa­re en kle­re, en nie bang om his­to­rie­se ju­we­liers­wa­re met kon­tem­po­rê­re ont­wer­pers­kle­re te kom­bi­neer nie.

Een van die mo­de­hoog­te­pun­te wat op­ge­veil gaan word, sluit in ’n swie­ri­ge pienk aand­rok met haar guns­te­ling-strik­mo­tief, wat in 1961 deur Victor S­tie­bel ont­werp is. Dié rok gaan na ver­wag­ting vir tus­sen £200 en £300 ver­koop.

Haar di­a­mant-bors­speld, ook met ’n strik­mo­tief, kan tus­sen £25 000 en £35 000 haal.

’n S­kil­de­ry van O­li­vier en Leigh se lief­des­nes­sie Dur­ham Cot­ta­ge in C­hel­sea, Lon­den, wat deur Fe­lix Kel­ly ge­skil­der is, gaan na ver­wag­ting tus­sen £3 000 en £5 000 haal. Daar is ook ’n s­kil­de­ry deur John Pi­per van hul weel­de­ri­ge wo­ning Not­ley Ab­bey in Bucking­hams­hi­re op die En­gel­se plat­te­land, wat vir tus­sen £8 000 en £12 000 kan ver­koop. Die ge­bou da­teer van die Mid­del­eeue. Na­we­ke het ’n nim­mer­ein­di­gen­de stroom ewe be­roem­de be­soe­kers op die tuis­te toe­ge­sak, on­der an­de­re Da­vid Ni­ven, Or­son Wel­les en Rex Har­ri­son. Dit was glo ook nie on­ge­woon om Mar­le­ne Die­trich en Kat­her­i­ne Hep­burn in die tuin te sien bos­sies uit­trek nie.

John Pi­per se s­kil­de­ry van Not­ley Ab­bey in Bucking­hams­hi­re op die En­gel­se plat­te­land. Op die in­las bo is Vi­vien Leigh se pienk ont­wer­pers­aand­rok met ’n strik­mo­tief, wat na ver­wag­ting vir tus­sen £200 en £300 op ’n vei­ling in Lon­den ver­koop gaan word.

Die strik­bors­speld met di­a­man­te is tus­sen £25 000 en £35 000 werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.