Oud­he­de­skou bied klei­no­de uit ver­le­de

Beeld - - Veilings -

Die ver­koops­plat­form van oud­he­de het hand­om­keer ver­an­der se­dert die dae toe ’n oud­he­de­han­de­laar tus­sen sy skat­te in ’n stow­we­ri­ge win­kel ge­kon­sul­teer moes word.

Van­dag kan tal­le klei­no­de uit ’n ver­vloë era by an­tiek­skoue, vei­lings en selfs aan­lyn ge­koop word.

Die jaar­lik­se Na­ti­o­nal An­ti­ques and De­co­ra­ti­ve Arts Fai­re, wat lief­heb­bers van oud­he­de al die af­ge­lo­pe 18 jaar in ek­sta­se het, gaan van­jaar by die Cry­stal Court in die Mall of A­fri­ca in Mid­rand ge­hou word.

Dié an­tiek­skou, ’n guns­te­ling on­der oud­he­de­lief­heb­bers, bin­ne­ver­sier­ders en men­se wat bloot al die skat­te van die ry­ke ver­le­de koes­ter, vind van­af

28 tot 30 Ju­lie van 09:00 tot 20:00 plaas.

’n Wye ver­skei­den­heid oud­he­de, ver­sa­mel­stuk­ke en de­ko­ra­tie­we kuns gaan uit­ge­stal word, as­ook mo­der­ner ver­sa­me­l­i­tems, on­der meer meu­bels uit die 1970’s.

Twee in­ter­na­si­o­na­le han­de­laars gaan ook uit­stal, on­der an­de­re Ri­cus Dul­la­ert, ’n des­kun­di­ge van Hol­land­se meu­bels en C­hi­ne­se por­se­lein en die A­me­ri­kaan­se han­de­laar Ed Pas­coe, ’n des­kun­di­ge van En­gel­se por­se­lein, in­slui­tend Roy­al Doul­ton, Roy­al Cro­wn Der­by en Moor­croft.

Die­ge­ne wat ie­wers ’n paar waar­de­vol­le oud­he­de het en wil weet hoe­veel dit werd is, kan dit na die skou toe bring om deur ’n kun­di­ge van die kuns­af­sla­er S­te­phan Welz & Co. ge­waar­deer te word.

Dit kan munt­stuk­ke wees, sil­wer­tee­stel­le en selfs ’n ont­wer­pers­hand­sak wat in 1970 in Pa­rys in Frank­ryk aan­ge­skaf is.

Vir meer in­lig­ting be­soek www.naada.co.za.

‘‘

Die­ge­ne wat ie­wers ’n paar waar­de­vol­le oud­he­de het en wil weet hoe­veel dit werd is, kan dit na die skou toe bring vir waar­da­sie.

Van die oud­he­de wat by die ko­men­de jaar­lik­se Na­ti­o­nal An­ti­ques and De­co­ra­ti­ve Arts Fai­re by die Mall of A­fri­ca te koop gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.